Menu terloops

Resident Evil S1

Op Netflix [Gepubliseer op 14 Jul 2022]


Die TV-weergawe van ‘Resident Evil’ is geensins perfek nie, maar dis steeds ’n lekker kombinasie van gruwel en wetenskapsfiksie wat jy liefs nie op ’n nugter maag moet kyk nie.

Resident Evil S1
Kyk lokprent

Die Resident Evil-reeks is gegrond op die uiters gewilde gruwel videospeletjie- en film-franchise waarvoor die model en aktrise, Milla Jovovich, bekendheid verwerf het. 

Dis 2036 – 14 jaar nadat ’n dodelike virus ’n wêreldwye apokalips veroorsaak het. In dié hel-landskap veg Jade Wesker om oorlewing teen bloeddorstige en siek…goeters… Dít als terwyl sy ook probeer om haar hartseer verlede te verwerk. 

Ella Balinska, Tamara Smart, Siena Agudong maak deel van die TV-reeks se rolverdeling uit. 

Die TV-weergawe van Resident Evil is geensins perfek nie, maar dis steeds ’n lekker kombinasie van gruwel en wetenskapsfiksie… Wat jy liefs nie op ’n nugter maag moet kyk nie.

Nog gril-en-ril-stories:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies