Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Mei 2025]

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025


Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Stroom 'Reënboogrant'

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié telenovela speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder en die skool se hoofseun. 

Daar is elke Woensdag twee nuwe episodes op Showmax beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié telenovela kan verwag.

Woensdag, 7 Mei 2025

Te laat vir trane…

Chris misbruik die meisies en Monique het genoeg gehad. Sunette kry ontstellende nuus by Pierre. Lizane se liedjie word voorgelê vir die reeks en Juffrou Wasserman tree in met die radiostasie-planne. 

Anderkant die reënboog

Opgewondeheid heers oor die première van Anderkant die Reënboog. Shani worstel met haar gevoelens vir Chris. Rachelle woeker voort met haar slinkse planne om Shani te verneder. 

Woensdag, 14 Mei 2025

Waar daar ’n rokie is…

Monique se situasie skok die gemeenskap. Dít noop Sunette om ’n sessie met Herman vir hul vriende te reël. Shani kry ongewensde aandag op stel en Rachelle se jaloesie lei na wraak.

Op die lug…

Shani se lewe raak moeilik nadat die video wat Rachelle gemaak het aanlyn verskyn. Marius klop by Herman vir hulp aan. 

Woensdag, 21 Mei 2025

Harde neut om te kraak

Shani en Sunette vind meer uit oor Monique en Chris se verlede. Bongi begin met die podcast studio. Meneer Bothma verander die matriekafskeidreëls, tot Bongi se teleurstelling. Rachelle kry onverwagse besoekers. 

Potte sonder deksels

Soos Reënboogrant vir die matriekafskeid regmaak, bevind Monique haarself in twee geskeur tussen Dolf en Pierre. Maryna konfronteer vir Faan en Dolf vind uiteindelik ’n metgesel vir die matriekafskeid.

Reenboogrant
Met wie gaan Dolf (Paul Strydom) matriekafskeid toe? Foto: Verskaf

Woensdag, 28 Mei 2025

Geraamtes in die kas

Ouma Mart verloor Dolf se Volla, terwyl Bongi inligting oor Bothma se seun gebruik om sy bas te red. Shani en Ans se toetslopie met grimering loop skeef en Rachelle oortuig Japie om sy streke te los. 

Forty Days

Die matrieks maak die meeste van hul “40 days”. Lizane veroorsaak drama tydens ’n kuier en Monique besef sy is op die verkeerde plek.


Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag tot en met 11 Junie 2025 op Showmax beskikbaar gestel. Rëenboogrant word ook op Vrydae op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies