Menu terloops
In Redakteurskeuse [5 Jan 2023]

Redakteurskeuse vir Januarie 2023


Wat om te kyk: ‘The Last of Us’, HBO se lang verwagte TV-verwerking van die gelyknamige videospeletjie met Pedro Pascal in die hoofrol, ‘Searching for Sugar Man’ en ‘If These Walls Could Sing’ is die redakteurskeuse vir Januarie.

Deur Rozanne Els

Kyk 'The Last of Us' vanaf 16 Januarie '23

Redakteurskeuse vir Januarie 2023
Kyk lokprent

Wat om te kyk vandeesmaand – hier is my redakteurskeuse vir Januarie 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

The Last of Us S1

Vanaf 16 Januarie op Showmax. Ook op DStv (Express from the US) met weeklikse episodes wat vanaf 16 Januarie om 03:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai word met ’n heruitsending om 21:00.

The Last of Us speel af in ’n post-apokaliptiese zombie-wêreld. ’n Virus het die menslike beskawing soos ’n vrot stuk hout laat muf totdat als tot niet is. Of amper als. Daar is nog iets, óftewel iemand, te redde. Joel (Pedro Pascal, Narcos, Game of Thrones) moet dié einste iemand, ’n 14-jarige meisie, Ellie (Bella Ramsey, Game of Thrones), uit ’n kwarantyn-gebied smokkel. Bestemming? “West.” Dit beteken Joel en Ellie moet oor die hele, zombie-besaaide Amerika reis – ’n oorlewingstryd begin. 

HBO se verwerking van Naughty Dog se bekroonde videospeletjie plaas die roerende storielyn (’n diepe een, een wat krap om te laat bloei) in die hande van beide Craig Mazin (showrunner van HBO se briljante Chernobyl) en die speletjie se skrywer en regisseur, Neil Druckmann. Dié twee kry dit reg om saam-saam die aksie-elemente van ’n storie oor zombies en die apokalips met komplekse temas van oorlewing (fisiek en emosioneel), gekose familie (teenoor bloed) en die tol en prys van mens-wees te verweef. 

Met die Game of Thrones-veterane Pascal en Ramsey in die hoofrolle, hou die TV-verwerking van dié topverkoper-videospeletjie belofte in om perdalks die nuwe Groot Reeks op TV te word. Dis immers juis die verhouding tussen Pascal en Ramsey se karakters wat die fondasie vir die reeks as geheel lê. As die skeppers hiér die pot sou mis, was die hele ding ’n flop. (Hulle het nie. Pascal en Ramsey is nommerpas, hul komplekse verhouding gelaai met ewe veel boeiende high stakes as dié van die plot). Hulle raak immers van mekaar afhanklik om te oorleef met wrede, hartverskeurende ompaaie en afdraaie op hul reis. 

Die eerste seisoen bestaan uit nege episodes en vervat die storielyn die eerste speletjie. Die tweede seisoen sal na verwagting die storielyn van die speletjie se tweede aflewering, The Last of Us II, volg. ’n Derde seisoen is glo reeds beplan. 

Ook in die rolverdeling tel onder andere Gabriel Luna as Tommy, Anna Torv as Tess, Nico Parker as Sarah, Murray Bartlett as Frank en Nick Offerman as Bill.

Ook onder my topkeuses vir vandeesmaand:

Searching for Sugar Man

Vanaf 13 Januarie op Netflix beskikbaar.

Dié dokumentêre film is sedert sy uitreiking in 2012 een van my gunstelinge – veral wat musiekdokkies betref. Daar is net iets aan die eweneens hartseer én hartverwarmende verhaal oor die Amerikaanse musikant Sixto Rodriguez, wie onwaarskynlike roem en gewildheid in Suid-Afrika ervaar het, net om later in armoede in sy tuisland te probeer oorleef.

Die film draai om twee Suid-Afrikaanse aanhangers van dié kunstenaar wat in die 90’s op reis gaan om dié 70’s-folksanger op te soek. Buiten dat dit soos ’n speurverhaal verloop soos Stephen “Sugar” Segerman en Craig Bartholomew Strydom in hul held se spore loop, blyk dit dat Rodriguez se sukses en aanhang in apartheid-Suid-Afrika toe eintlik nié so onwaarskynlik was nie. Rodriguez het immers as ’n counter culture musikale ikoon hiér ontwaak. Sy anti-establishment idees was soos manna uit die hemel vir veral jonger Suid-Afrikaners wat nie die apartheid-regering se haatdraende kak kon (of wou) sluk nie. 

Roger Ebert het destyds oor die prent se noodsaaklikheid in die Chicago Sun-Times geskryf: “I hope you’re able to see this film… And yes, it exists because we need for it to.” 

Kyk dit – dis vir jou eie beswil.

If These Walls Could Sing

Vanaf 6 Januarie op Disney+ beskikbaar om te stroom.

Dié dokumentêr, met Mary McCartney (dogter van The Beatles se Sir Paul McCartney) as regisseur, vertel oor Abbey Road Studios, die ikoniese opname-ateljee waar etlike treffers en magiese oomblikke sedert 1931 geskep is. Trouens, dié Londense studio is ook waar The Beatles se 1969-album, Abbey Road, opgeneem is. (Die trop van vier loop oor die nabye voetoorgang loop vir die albombekende albumomslag.) The Beatles het 190 van hul 210 liedjies hier opgeneem, en kunstenaars soos Led Zeppelin en Elton John het ook ’n kreatiewe herberg hier gevind. Met onderhoude met van die bekendste kunstenaars wat al hier opgeneem het, gee die dokkie vir kykers agter-die-skerms-insigte oor hoe van die wêreld se gewildste treffers geskep is. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies