Menu terloops

Peaky Blinders S1-6

Op Netflix [Gepubliseer op 10 Jun 2022]


“One last deal to be done. Then we Peaky Blinders rest.” Jip – dis tyd vir die finale seisoen van die blerrie briljante ‘Peaky Blinders’.

Peaky Blinders S1-6
Kyk lokprent

Peaky Blinders se sesde – en laaste – seisoen is nou op Netflix.

Dié absoluut briljante reeks is losweg gegrond op die werklike Peaky Blinders-bende wat in die 19de eeu amok in Birmingham, Engeland gemaak het.

Een van die grootste uitdagings vir die laaste aflewering is natuurlik die afwesigheid van die aktrise Helen McCrory. McCrory het ’n integrale deel van die verhaal as die matriarg van die Shelby-misdaadfamilie, Polly Gray, gehad. Die aktrise is egter oorlede voordat verfilming vir die laaste seisoen voltooi is.

Peaky Blinders is sedert 2013 soos TV-stapelvoedsel. Dit is een van die min reekse wat oor die afgelope dekade konsekwent in gehalte was. Só ook konsekwent in die gebruik van nimmereindige geweld. Maar dis hoe die Shelby-broers werk om dinge gedoen te kry. Aan die hoof van die familie-bende is die koel, maar genadelose Tommy, wat met intimiteit deur Cillian Murphy gespeel word. Paul Anderson is Arthur, die oudste broer wat te veel van ’n fokop van alles maak en dus nie met familiesake vertrou kan word nie.

Ander karakters en akteurs wat terugkeer is Tom Hardy as Alfie, en Finn Cole as neef Michael Gray.

Kyk al ses seisoene nou op Netflix. (Die sesde seisoen is vanaf 10 Junie beskikbaar.)

Vir nog misdaadreekse, probeer Ray Donovan of Get Shorty, albei op Showmax.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies