Menu terloops

Peacemaker S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jun 2022]


‘Peacemaker’ is reeds vir ’n tweede seisoen hernu en het ’n punt van 94% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Not too shabby, hey…

Kyk nou

Peacemaker S1
Kyk lokprent

John Cena hervat sy rol as Peacemaker, die jingoistiese moordenaar mense links en regs in die naam van vrede afmaai. Die doel heilig mos die middelle, of hoe?

Peacemaker se storielyn tel op waar The Suicide Squad-fliek s’n geëindig het. Ons sien Peacemaker terug by die huis ná sy stryd met Bloodsport. Hy kom egter gou agter dat vryheid, nes vrede, nie gratis en verniet is nie. 

Die reeks, wat deur die veelbekroonde James Gunn (van Guardians of the Galaxy-faam en The Suicide Squad) geskep is, strek oor agt episodes.

Jennifer Holland hervat haar rol as Emilia Harcourt uit The Suicide Squad. Só ook Steve Agee sy rol as John Economos. 

Ook in die rolverdeling is onder andere Danielle Brooks (Orange is the New Black) en Freddie Stroma (Harry Potter and the Half-Blood Prince).

Peacemaker S1 is nou op Showmax met die tweede seisoen reeds in die pyplyn. Jy kan John Cena ook in aksie in Fast & Furious 9: The Fast Saga sien.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies