Menu terloops

P-Valley S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Okt 2022]


Die gewilde reeks, ‘P-Valley’, se tweede seisoen is ook nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk nou

P-Valley S1-2
Kyk lokprent

Die strip club-dansers van die Dirty Delta is terug vir ’n tweede seisoen van die bekroonde drama, P-Valley.

Met Covid wat daartoe gelei het dat Pynk sy deure moes sluit, kom oom Clifford (Nico Annan) en Autumn Night (Elarica Johnson) met ’n opwip-alternatief vorendag… ’n Deurry-karwas, waar gemaskerde vroue vir jou ’n neonverligte vertoning gee.

Seisoen 2 het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Salon beskryf dit as “onvergelykbaar iets anders op TV.” The Guardian sê weer “P-Valley het ’n gemaklike selfvertroue wat dit ’n groot plesier maak om te kyk.”

P-Valley is vanaf 10 Oktober op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: ‘The Whale’, ‘No Hard Feelings’, ‘Lover, Stalker, Killer’ (ril!) en meer

Dié week se TV-gids sluit in een van die snaakste flieks van 2023, ’n ware misdaaddokkie wat jou twee keer gaan laat dink oor online dating en Brendan Fraser se Oscar-bekroonde vertolking in 'The Whale'. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: 9 goed wat jy ná episode 4 se wilde ompad moet weet

Ai, ná verlede week se warm soen, het ons gedink die sanger Brendan Peyper gaan vandeesweek groot moves maak. Helaas, dit was eerder sy ouma wat wat toe met "vars bloed" in die vroue se slaai kom krap het...

Meer

Redakteurskeuse vir Februarie 2024: Mode, manewales, en Messi

Wat om te kyk: ’n Besonderse dokkie oor die legendariese sokkerenigma, Lionel Messi; ’n reeks oor hoe moderne mode tydens die Tweede Wêreldoorlog gestalte gevind het; en die nuwe Showmax se propvol kykspyskaart wat ikoniese reekse soos ‘The Office’ en ‘Parks & Recreation’ insluit – hier is ons keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Wat om te kyk: Reeksmoordenaars, rugby en roerende drama

Wat om te kyk: 'Donkerbos' is uiteindelik ook beskikbaar vir DStv-kykers; skouspelagtige rugby én agter-die-skerms-drama in ’n Sesnasies-dokkie; M-Net se nuwe gesinsdrama, 'Summertide', première, en ’n epiese oorlogsdrama wag in Steven Spielberg se 'Masters of the Air'. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer
Sien alle opsies