Menu terloops

Outlander S6

Op DStv [Gepubliseer op 11 Apr 2022]


Jamie en Claire se epiese tydreis-liefdesverhaal word – dramaties – hervat in die sesde seisoen van ‘Outlander’.

Kyk nou aanlyn op DStv

Outlander S6
Kyk lokprent

Die kern van Outlander, gegrond Diana Gabaldon se gelyknamige reeks boeke, is Jamie (Sam Heughen) en Claire (Caitríona Balfe) se epiese liefdesverhaal. Dit strek immers oor eeue heen. Hul storie het begin toe Claire in die eerste seisoen onwillekeurig uit 1945 na 1743 in Skotland deur tyd reis.

Oor die afgelope vyf seisoene van Outlander het daar ’n magdom lief en leed afgespeel.

Die sesde seisoen tel op waar die vyfde geëndig het met Claire en Jamie wat die uitdagings van ’n nuwe lewe in koloniale Amerika – die sogenaamde “New World” – moet hanteer.

Nog ’n stok in die wiel – Jamie se verlede kom spook by hom as ’n voormalige medegevangene ook daar aanland en sake vir hulle bemoeilik.

Outlander se sesde seisoen is wel die kortste nog – net agt episodes. Dit is egter gelukkig reeds vir ’n sewende reeks hernu. Boonop is daar sprake van ’n prequel-reeks wat ook glo op pad is…

Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 5 April, om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies