Menu terloops

Money Heist: Korea – Joint Economic Area

[Gepubliseer op 24 Jun 2022]


‘Money Heist: Korea – Joint Economic Area’ is nou nie die sexyste naam vir ’n reeks nie, maar die lokprent belowe wel báie aksie-satisfaksie vir aanhangers van die oorspronklike Spaanse ‘Money Heist’-reeks. Die Koreaanse weergawe is nou nuut op Netflix.

Money Heist: Korea – Joint Economic Area
Kyk lokprent

In Money Heist: Korea – ’n tipe remake van die oorspronklike Spaanse treffer wat in dié weergawe in Korea afspeel – neem rowers die munt van ’n (verbeelde) verenigde Korea oor.

Die munt – geleë in die sogenaamde Joint Security Area (waar vandag se Noord- en Suid-Korea van mekaar geskei is)  is die middelpunt van die aksie. Dís immers waar ’n splinternuwe geldeenheid gedruk word as deel van ’n politieke poging om die fondasie vir ’n stabiele nuwe ekonomie te bou.

Die rowers het egter ander planne. Dié nuwe ekonomie, meen hulle, het die wêreld selfs meer ongelyk gemaak en die rykes raak net al ryker. Die polisie moet bontstaan om die gyselaars te red en die rooftog se meesterbrein te stuit. 

Vir Money Heist-aanhangers is daar goeie nuus: ’n Spin-off wat in Berlyn afspeel word tans vervaardig.

Money Heist: Korea is vanaf 24 Junie op Netflix.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies