Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Jun 2022]

Wat om te kyk op Netflix in Junie 2022


Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: TV-treffer ‘Money Heist’ keer terug – dié keer met die aksie wat in Korea afspeel; ‘Collison’ ’n plaaslike misdaadriller; en ‘The Umbrella Academy’ se aksiebelaaide derde seisoen.

Wat om te kyk op Netflix in Junie 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en tye moontlik kan verander.

Money Heist: Korea – Joint Economic Area

In dié remake van die oorspronklike Spaanse treffer, neem rowers die munt van ’n (verbeelde) verenigde Korea oor. Die munt – geleë in die sogenaamde Joint Security Area (waar vandag se Noord- en Suid-Korea van mekaar geskei is)  is die middelpunt van die aksie. Dís immers waar ’n splinternuwe geldeenheid gedruk word as deel van ’n politieke poging om die fondasie vir ’n stabiele nuwe ekonomie te bou. Die rowers het egter ander planne – dié nuwe ekonomie, meen hulle, het die wêreld selfs meer ongelyk gemaak en die rykes raak net al ryker. Die polisie moet bontstaan om die gyselaars te red en die rooftog se meesterbrein te stuit. 

Vanaf 24 Junie.

Collision

Oor die loop van een noodlottige dag, is ’n korrupte sakeman en sy vrou in ’n stryd teen tyd gewikkel om hul dogter van ’n berugte misdaadbaas in Johannesburg te red.

Die film is se regie is deur die Franse regisseur Fabien Martorell behartig. Vuyo Dabula (Generations: The Legacy), Bonko Khoza (The Wife), Mpho Sebeng (Savage Beauty), Siphesihle Vazi (The Queen), en Langley Kirkwood (Invictus) tel onder dié misdaadriller se spelers. 

Vanaf 16 Junie.

Web of Make Believe: Death, Lies and the Internet

Web of Make Believe: Death, Lies and the Internet is ’n anthology-reeks met regie deur Brian Knappenberger.

Dié sesdelige reeks vertel stories van mense wat in die gevaarlike wêreld van waninligting op die internet vasgevang word.

Dit is ’n baie tydige en relevante reeks – hoewel ons weet dat dié tipe aktiewe misleiding bestaan, is dit nogtans amper tragies om te sien hoe vinnig en maklik die werklikheid verdraai kan word met dikwels lewensgevaarlike gevolge. 

Vanaf 15 Junie.

Keep Sweet: Pray and Obey

Dit voel amper asof daar nie ’n einde aan dokkie-onthullings oor sektes en kultusgroepe en gepaardgaande wandade is nie.

Netflix se nuutste bydra tot dié eiesoortige Devilsdorp-agtige genre is Keep Sweet: Pray and Obey. Dit is gegrond op die ware verhaal van Warren Jeffs, ’n sogenaamde profeet in die Fundamentalist Church of Jesus Christ of Latter-Day Saints (ja, dis ’n mondvol), en die verstommende bewyse van fisieke, emosionele en seksuele mishandeling wat tydens ’n hofsaak aan die lig gekom het. Die hofsaak het gevolg ná ’n dramatiese klopjag by die Yearning for Zion Ranch in Texas. Die klopjag het wêreldopslae gemaak – deels omdat meer as 400 kinders daar gevind is.

Keep Sweet: Pray and Obey voorsien kykers ’n blik wat jy daarna dalk gaan wens jy nie gehad het nie. Die sekte se doen en late, en die dokkie se vertelling daarvan, is nie ligte kykstof nie. Geensins. 

Die vierdelige dokumentêre reeks bevat argiefmateriaal, asook onderhoude met mense wat dit destyds kon regkry om van die sekte, wat ook gedwonge minderjarige huwelike voorgestaan het, te ontsnap.

Vanaf 8 Junie.

The Umbrella Academy S3

Kyk, alle families het hul dinge, maar dié lot se issues is next level.   

Die reeks se eerste twee seisoene is geweldig goed deur beide kykers en kritici ontvang – ’n double whammy wat ’n mens nie sommer kry nie. En veral nie as dit by superheld-verhale kom nie. 

Die Emmy-benoemde reeks is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá.

Maar eers ’n bietjie konteks: Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte geskenk het. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie.

’n Aweregse miljardêr, Sir Reginald Hargreeves, neem dan sewe van dié babas aan wat dan ’n tipe “superheld-gesin” word soos hul spesiale magte ontwikkel en hul opleiding as deel van Hargreeves se Umbrella Academy ontvang. Hargreeves gee egter nie eens vir die kinders name nie – dis hul robot-ma, Grace, wat ses van die kinders later as Luther, Diego, Allison, Klaus, Ben en Vanya doop. (Kind 5 het maar net Five gebly…) Terwyl hy dan ses van die kinders oplei om misdaad te bekamp, ​​sonder Reginald vir Vanya van haar broers en susters af, aangesien sy kwansuis geen magte van haar eie toon nie…

Soos jy jou kan indink, het hulle ’n geweldige kompleks verhouding met hul pa – en met mekaar. I mean, as ons Luther in die eerste episode van die eerste seisoen ontmoet, is hy deels aap en is al vir vier jaar alleen op die maan – ’n opdrag van pa-lief. Daarenteen is Allison ’n bekende aktrise, Vanya ’n violis, Klaus ’n dwelmverslaafde, Ben het gesterf en kan nou net met Klaus as ’n spook praat, en Diego is ’n vigilante. Dan hoor die vervreemde broers en susters dat Reginald dood is, en kom vir sy begrafnis byeen. Dis dán wat Five, wat al vir etlike jare vermis is, uit die toekoms terugkeer met die nuus dat die einde van die wêreld op die mensdom wag.

Deur die loop van die eerste twee seisoene moes hulle – ten spyte van hul verskille – saamwerk om nie net die wêreld te red nie, maar ook om die raaisel rondom hul pa se dood op te los. 

Dis ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin en hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans wat in die vertelling tussen wilde, lekker aksie en die karakters se emosionele, menslike, ontwikkeling, geskep is. 

Kyk ook:

Vanaf 22 Junie.

Ook nuut op Netflix vandeesmaand:

2 Junie 2022

  • Borgen – Power & Glory – Netflix Series
  • Yuri Marçal: Honest Mistake – Netflix Comedy Special

3 Junie 2022

  • As the Crow Flies – Netflix Series
  • The Perfect Mother – Netflix Series
  • Two Summers – Netflix Series
  • Mr. Good: Cop or Crook? – Netflix Documentary
  • Surviving Summer- Netflix Kids & Family Series
  • Glamour Girls – Netflix Film
  • Floor Is Lava: Season 2 – Netflix Series

6 Junie 2022

  • Bill Burr Presents: Friends Who Kill – Netflix Comedy Special
  • Action Pack: Season 2 – Netflix Kids & Family Series
  • Interceptor – Netflix Film

7 Junie 2022

  • That’s My Time with David Letterman – Netflix Comedy Special

8 Junie 2022

  • Baby Fever – Netflix Series
  • Hustle – Netflix Film
  • Gladbeck: The Hostage Crisis – Netflix Documentary
  • Keep Sweet: Pray and Obey- Netflix Documentary

9 Junie 2022

  • Stand Out: An LGBTQ+ Celebration- Netflix Comedy Special

10 Junie 2022

  • Peaky Blinders: Season 6 – Netflix Series (Ed’s Choice)
  • First Kill – Netflix Series
  • Trees of Peace- Netflix Film
  • Dirty Daddy: The Bob Saget Tribute – Netflix Comedy Special
  • Intimacy – Netflix Series

11 Junie 2022

  • Amy Schumer’s Parental Advisory – Netflix Comedy Special

13 Junie 2022

  • Pete Davidson Presents: The Best Friends – Netflix Comedy Special
  • Charlie’s Colorforms City: Mighty Movie Adventures – Netflix Kids & Family Series
  • Charlie’s Colorforms City: Miss Weather and Friends – Netflix Kids & Family Series

14 Junie 2022

  • Jane Fonda & Lily Tomlin: Ladies Night Live – Netflix Comedy Special
  • Halftime – Netflix Documentary

15 Junie 2022

  • Maldivas – Netflix Series
  • God’s Favorite Idiot – Netflix Series
  • Centauro – Netflix Film
  • Heart Parade – Netflix Film
  • The Wrath of God – Netflix Film
  • Web of Make Believe: Death, Lies and the Internet – Netflix Documentar
  • Iron Chef: Quest for an Iron Legend – Netflix Series

16 Junie 2022

  • Love & Anarchy: Season 2 – Netflix Series
  • Snoop Dogg’s Fcn Around Comedy Special – Netflix Comedy Special
  • Karma’s World Music Videos: Season 2- Netflix Kids & Family Series
  • Dead End: Paranormal Park – Netflix Kids & Family Series
  • Sing, Dance, Act: Kabuki featuring Toma Ikuta – Netflix Documentary

17 Junie 2022

  • She: Season 2 – Netflix Series
  • You Don’t Know Me – Netflix Series
  • Spiderhead- Netflix Film
  • The Martha Mitchell Effect – Netflix Documentary
  • The War Next-door: Season 2 – Netflix Series

18 Junie 2022

  • Alchemy of Souls – Netflix Series
  • Spriggin – Netflix Series

19 Junie 2022

  • Civil – Netflix Documentary

20 Junie 2022

  • Doom Of Love – Netflix Film

21 Junie 2022

  • Joel Kim Booster: Psychosexual – Netflix Comedy Special
  • The Future Of – Netflix Documentary

22 Junie 2022

  • Snowflake Mountain – Netflix Series
  • Bruna Louise: Demolition – Netflix Comedy Special
  • Love & Gelato – Netflix Film
  • The Hidden Lives of Pets – Netflix Documentary

23 Junie 2022

  • First Class – Netflix Series
  • Queen – Netflix Series
  • Best of the Fest – Netflix Comedy Special

24 Junie 2022

  • The Man from Toronto – Netflix Film
  • Angry Birds: Summer Madness: Season 2 – Netflix Kids & Family Series
  • Man vs Bee – Netflix Series

27 Junie 2022

  • Chip and Potato: Chip’s Holiday – Netflix Kids & Family
  • Cafe Minamdang – Netflix Series

28 Junie 2022

  • Blasted – Netflix Film
  • Cristela Alonzo: Middle Classy – Netflix Comedy Special

29 Junie 2022

  • Extraordinary Attorney Woo – Netflix Series
  • Pirate Gold of Adak Island – Netflix Series
  • The Upshaws: Season 2 Part 1 – Netflix Series
  • Beauty – Netflix Film

30 Junie 2022

  • Sharkdog: Season 2 – Netflix Kids & Family Series
  • BASTARD‼ – Heavy Metal, Dark Fantasy – Netflix Series

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies