Menu terloops

Monarch S1

Op DStv [Gepubliseer op 10 Nov 2022]


As jy ’n fan van Nashville was, en, soos ons, Connie Britton se rooi haardos mis, is ‘Monarch’ ’n goeie troosprys.

Monarch S1
Kyk lokprent

Dié nuwe dramareeks draai om die Romans, die sogenaamde first family van country musiek. Hulle is ook die eienaars van platemaatskappy Monarch – einste waarvan die reeks se titel afkomstig is. Aan die hoof van die gesin staan Pa Albie (Trace Adkins) en sy vrou, Dottie Cantrell Roman (Susan Sarandon). Daar heers egter ’n lekker magstryd tussen hul kinders, synde Dottie haar ouer dogter, Nicky (Anna Friel) voortrek. Dít maak jonger sussie, Gigi (Beth Ditto) net meer desperaat vir die kollig. Daar is ook hul aantreklike broer, Luke (Joshua Sasse), Monarch se uitvoerende hoof. Maar as hy ’n verhouding met een van sy susters se stukkies aanknoop, trek donderwolke om die gesin saam. 

Volgens die Chicago-Sun Times se Richard Roeper, is Monarch is die perfekte reeks as jy breinlose ontvlugting soek. 

Kyk Monarch S1 vanaf Donderdag, 10 November, om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Online en Catch Up. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies