Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Nov 2022]

Wat om te kyk op DStv in November 2022


Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Brande word geblus in ‘Fire Country’; Murphy is verloof in die vyfde seisoen van ‘The Good Doctor’ en ’n rits nuwe Afrikaanse flieks op kykNET.

Wat om te kyk op DStv in November 2022

Wat om te kyk op DStv in November – hier is ons top-keuses.

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

Fire Country S1

Die bekroonde vervaardiger Jerry Bruckheimer is bekend vir sy werk op treffers soos Top Gun, Top Gun: Maverick, die Pirates of the Caribbean-flieks, en nou, Fire Country.

Fire Country is ’n nuwe dramareeks wat draai om CalFire, ’n wildernisbrandbestrydingseenheid in Noord-Kalifornië wat uit gevangenes bestaan. Dis ’n ondankbare werk en die risikos is volop, maar dié lot hoop om só hul vonnisse te verkort. Die hoofkarakter is Bode Donovan (vertolk deur Max Thieriot en sy breë skouers van Seal Team) wat as deel van dié brandbestrydingsprogram na sy tuisdorp gestuur word. Glad nie waarvoor hy gehoop het nie. Hy het immers al sy brûe in Edgewater afgebrand. Sy ma, Sharon (Diane Farr), is die dorp se polisiehoof en sy pa, Vince (Billy Burke), staan aan die hoof van die brandweer. Hulle het gemengde gevoelens oor hul seun se terugkeer… Nie dat hy veel van ’n sê het nie. Bode leer egter gou dat om onvoorspelbare veldbrande aan te vat eng konsentrasie, spanwerk en vertroue verg om te oorleef. 

Kyk Fire Country S1 vanaf Dinsdag, 29 November, om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Online en Catch Up. 

Monarch S1

Yee haw! As jy ’n fan van Nashville was, en, soos ons, Connie Britton se rooi haardos mis, is Monarch ’n goeie troosprys. Die nuwe dramareeks draai om die Romans, die sogenaamde first family van country musiek. Hulle is ook die eienaars van platemaatskappy Monarch – einste waarvan die reeks se titel afkomstig is. Aan die hoof van die gesin staan Pa Albie (Trace Adkins) en sy vrou, Dottie Cantrell Roman (Susan Sarandon). Daar heers egter ’n lekker magstryd tussen hul kinders, synde Dottie haar ouer dogter, Nicky (Anna Friel) voortrek. Dít maak jonger sussie, Gigi (Beth Ditto) net meer desperaat vir die kollig. Daar is ook hul aantreklike broer, Luke (Joshua Sasse), Monarch se uitvoerende hoof. Maar as hy ’n verhouding met een van sy susters se stukkies aanknoop, trek donderwolke om die gesin saam. 

Volgens die Chicago-Sun Times se Richard Roeper, is Monarch is die perfekte reeks as jy breinlose ontvlugting soek. 

Kyk Monarch S1 vanaf Donderdag, 10 November, om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Online en Catch Up. 

The Good Doctor S5

Die vyfde seisoen van die gewilde dramareeks The Good Doctor hou groot veranderinge vir Dr. Shaun Murphy en sy kollegas in. 

The Good Doctor is in 2017 geskep en het sedertdien ’n groot aanhang opgebou – soveel so dat dit met Shonda Rhimes se Grey’s Anatomy om kykers meeding. Die aanslag is wel heelwat anders as dáái smartsaga/mediese sepie. Trouens, Freddie Highmore se vertolking van Murphy, ’n jong dokter met outisme wat aanvanklik gesukkel het om sy kollegas van sy buitengewone gawes te oortuig, is reeds vanaf die loodsepisode ’n treffende hoogtepunt. Oor die loop van die eerste vier seisoen het Murphy as dokter en as mens geblom. Aan die einde van die vierde seisoen het hy die grootste tree nog uit sy gemaksone geneem toe hy en Lea verloof geraak het. Dís dan hier waar die vyfde reeks dan begin as Murphy en Lea dié nuus deel. Intussen het Morgan en Park ook hul gevoelens met mekaar gedeel, en Mateo het besluit om na Amerika terug te keer.

Kyk The Good Doctor S5 vanaf Maandag, 28 November om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Online en Catch Up.

kykNET-flieks

Terwyl jy wag vir die volgende episode van Fraksie, of ’n blaaskans van die RHOPTA-drama nodig het, is daar nuwe Afrikaanse films om op kykNET (DStv-kanaal 144 en op DStv Online) te kyk. 

  • ’n Man se Plek op Saterdag, 5 November, om 20:00.
  • Die Oorslaan op Saterdag, 19 November, om 20:00.
  • Aangetroud op Saterdag, 26 November om 20:00.
  • Die Klas Van Juffrou Nellie Welgemoed op Saterdag, 12 November, om 20:00.

Daar is ook ’n dokumentêre film oor die lewe van die sanger Johannes Kerkorrel (gebore Ralph Rabie) wat onlangs by die Woordfees bekendgestel is. Kerkorrel: 20 Jaar Later op Sondag, 13 November, om 20:30 op kykNET.

Ook nuut op DStv in November: 

Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

1 November 2022

  • Nazis in the CIA 
  • Mumfie S1
  • Lekunutu S4
  • Ice Road Rescue S7 
  • Nature Cat S4

2 November 2022

  • Bali Spirit – Islands of the God  
  • In My Parents’ Garage
  • Still a Mystery S7
  • CSI: Vegas S2
  • Rea Tsotella S9 

4 November 2022

  • The TS Madison Experience S1
  • Neighbourhood S5
  • The Savoy S2
  • After Ever Happy
  • Lavish

5 November 2022

  • Firebuds 
  • ’n Man se Plek
  • X Repo S4 
  • Single & Mingle S11 
  • Ay Phakelwa

6 November 2022

  • King Tut’s 100th  Anniversary
  • Raising A F***ing Star
  • Mystery on History
  • Lovey Dovey Until When? 
  • Sunday Gospel S6
  • Extraordinary Africa 
  • Rising Above
  • Uncharted

7 November 2022

  • Pointless S25
  • Nope
  • Extreme Salvage Squad S3
  • Bluey S3
  • City on a Hill S3
  • Location Location Location S24
  • Donal’s family kitchen S1
  • Diggstown S3

8 November 2022

  • Tyler Perry’s Sistas’s S5
  • Celts: the Untold Story 
  • The Great Giveback with Melissa McCarthy
  • Nadiya Bakes S1

9 November 2022

  • Hot Tuna 
  • Tales from The Explorer Club 
  • Salvage Kings S3
  • Crossfire S1
  • Gordon Ramsay Uncharted Showdown S1 

10 November 2022

  • In Pursuit with John Welsh
  • Monarch S1
  • Evil S3
  • Let the Right One In S1
  • The Wife S3

11 November 2022

  • Wrong Place 
  • Holiday Baking Championship S8
  • Critter Fixers: Country Vets S2
  • Gossip Girl S2 
  • Bad Hair Day

12 November 2022

  • Who’s Your Caddy?
  • Zoe & Milo
  • MeteoHeroes 
  • Bunk’d S6
  • Cars that Rock with Brian Johnson S2
  • Black Ransom 
  • Die Klas van Juffrou Nellie Welgemoed
  • Our Perfect Wedding S13
  • Egamini
  • Kom ons Braai: Familie en Vriende S18

13 November 2022

  • Dynasties S2 
  • Mirage Men
  • Indistinguishable from Magic
  • Kerkorrel: 20 Jaar Later
  • Humko Deewana Kar Gaye 
  • Marry Me

14 November 2022

  • Lion: The Rise and Fall of the March Pride 
  • Mr. Malcolm’s List 
  • Ancient Earth: Dinosaurs of the Frozen Continent 
  • Ultra Violet & Black Scorpion

15 November 2022

  • The Chi S5
  • Bob Heart Abishola S2
  • Titans: The Rise of Wall Street 
  • Silent Saviours 
  • Deadliest Mums & Dads

16 November 2022

  • Growing Up Hip Hop S8
  • Emily the Criminal 
  • Historic Hauntings

17 November 2022

  • Alaska: The Last Frontier 11
  • Reno My Rental 
  • Festive Get Together S3

18 November 2022

  • Ghosts S2 (Britse weergawe)
  • The Alice Outfit 
  • The Lair 
  • Three Thousand Years of Longing
  • Wonders of… Asia
  • How to Do Stuff Good 
  • Tut’s Toxic Tomb

19 November 2022

  • The Big Secret S3
  • The Rebellious Life of Mrs. Rosa Parks 
  • My Worst Nightmare S1
  • Die Oorslaan
  • LA Brea S2
  • Bombay Velvet 

20 November 2022

  • Westall ’66: A Suburban UFO Mystery
  • Date My Family S10 
  • West Side Story

21 November 2022

  • Resurrection 
  • Proof of Concept 
  • Future Warfare 
  • American Monster S7
  • Sex Lives of College Girls S2

22 November 2022

  • Married to Medicine: Atlanta S9
  • The Great Food Race S15

23 November 2022

  • Tyler Perry’s The Oval S4
  • Help! I Wrecked My House S3
  • This Body Works For Me
  • Sister Wives S11 A

24 November 2022

  • Tom & Jerry: Snowman’s Land
  • Nancy Drew S3
  • Wrongfully Diagnosed S1

25 November 2022

  • Holiday Wars S3

26 November 2022

  • Around the World in 80 Tricks 
  • Aangetroud
  • Icala
  • Pop Goes The Vet with Dr. Joya

27 November 2022

  • Dune
  • The Witches
  • Isonto Lethu S1

28 November 2022

  • Gold Rush in the Deep Sea 
  • Britain’s Greatest Obsessions
  • The Good Doctor S5 
  • Jerztory: How Jersey Shore Changed TV 
  • Transformers Earth Spark
  • Moving Houses S1

29 November 2022

  • Don’t Worry Darling 
  • Fire Country S1

30 November 2022

  • Stowaway 
  • World of Flavour with Big Moe Cason S1

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: ‘The Whale’, ‘No Hard Feelings’, ‘Lover, Stalker, Killer’ (ril!) en meer

Dié week se TV-gids sluit in een van die snaakste flieks van 2023, ’n ware misdaaddokkie wat jou twee keer gaan laat dink oor online dating en Brendan Fraser se Oscar-bekroonde vertolking in 'The Whale'. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: 9 goed wat jy ná episode 4 se wilde ompad moet weet

Ai, ná verlede week se warm soen, het ons gedink die sanger Brendan Peyper gaan vandeesweek groot moves maak. Helaas, dit was eerder sy ouma wat wat toe met "vars bloed" in die vroue se slaai kom krap het...

Meer

Redakteurskeuse vir Februarie 2024: Mode, manewales, en Messi

Wat om te kyk: ’n Besonderse dokkie oor die legendariese sokkerenigma, Lionel Messi; ’n reeks oor hoe moderne mode tydens die Tweede Wêreldoorlog gestalte gevind het; en die nuwe Showmax se propvol kykspyskaart wat ikoniese reekse soos ‘The Office’ en ‘Parks & Recreation’ insluit – hier is ons keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Wat om te kyk: Reeksmoordenaars, rugby en roerende drama

Wat om te kyk: 'Donkerbos' is uiteindelik ook beskikbaar vir DStv-kykers; skouspelagtige rugby én agter-die-skerms-drama in ’n Sesnasies-dokkie; M-Net se nuwe gesinsdrama, 'Summertide', première, en ’n epiese oorlogsdrama wag in Steven Spielberg se 'Masters of the Air'. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer
Sien alle opsies