Menu terloops
In Gons [19 Aug 2024]

Jou telenovela-gids: Muzaffer lieg homself vas in ‘Moederhart’


Hier is waarna jy hierdie week (19 tot 22 Augustus 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Muzaffer lieg homself vas in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 19 Augustus

Muzaffer word ingesleep by Azime se leuen aan haar kinders. Ahmet verklaar sy liefde aan Cemre.

Dinsdag, 20 Augustus

Die kinders vind uit dat Nefise ontvoer is. Hulle is woedend dat die inligting van hulle weerhou is. Asya en Emre soek na Kemal en maak ’n vreemde ontdekking. 

Woensdag, 21 Augustus

Muzaffer vra die kinders om verskoning omdat hy oor Nefise gejok het. Azime sê dit was haar besluit om die waarheid weg te steek.

Donderdag, 22 Augustus

Nefise probeer alles om Emre se aandag te trek. Cemre glip uit om Ahmet te ontmoet en hom kwansuis te vra om te help om haar ma te vind.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies