Menu terloops
In Gons [19 Aug 2024]

Jou telenovela-gids: Muzaffer lieg homself vas in ‘Moederhart’


Hier is waarna jy hierdie week (19 tot 22 Augustus 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Muzaffer lieg homself vas in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 19 Augustus

Muzaffer word ingesleep by Azime se leuen aan haar kinders. Ahmet verklaar sy liefde aan Cemre.

Dinsdag, 20 Augustus

Die kinders vind uit dat Nefise ontvoer is. Hulle is woedend dat die inligting van hulle weerhou is. Asya en Emre soek na Kemal en maak ’n vreemde ontdekking. 

Woensdag, 21 Augustus

Muzaffer vra die kinders om verskoning omdat hy oor Nefise gejok het. Azime sê dit was haar besluit om die waarheid weg te steek.

Donderdag, 22 Augustus

Nefise probeer alles om Emre se aandag te trek. Cemre glip uit om Ahmet te ontmoet en hom kwansuis te vra om te help om haar ma te vind.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
As jy hou van tranetrekkers
13

Wat om te kyk: Die beste tranetrekkers om jou hart te ontdooi

Romanse? Check. Voorspelbaarheid (en tog ook nie). Check. Tranetrekkers? Check.

Meer
Sien alle opsies