Menu terloops
In Wat om te kyk [7 Okt 2024]

Jou telenovela-gids: Dís hoe ‘Moederhart’ tot ’n einde kom


Nefise en haar kinders sit op straat, en Muzaffer is desperaat in die laaste paar episodes van ‘Moederhart’. Hier is waarna jy hierdie week (7 tot 10 Oktober 2024) op dié Turkse telenovela op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk op DStv Stream

Jou telenovela-gids: Dís hoe ‘Moederhart’ tot ’n einde kom

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel voordat dié telenovela hierdie week tot ’n einde kom. Dit word deur die oorgeklankte telenovela, My Naam is Farah, vervang.

Maandag, 7 Oktober

Nefise en haar kinders sit op straat nadat hulle uit Muzaffer se huis gegooi is. Muzaffer is desperaat om met Emre te praat.

Dinsdag, 8 Oktober

Onur vra Zeynep om te trou. Emre hoor die waarheid uit Muzaffer se mond, maar glo dit nie.

Woensdag, 9 Oktober

Azime is in sak en as. Zeynep en Cemre blameer Azime vir alles wat gebeur het. Nefise en Aysin is steeds skoonveld.

Donderdag, 10 Oktober

Emre vertel vir Suat van sy voorneme om die stad te verlaat. Mert, Zeynep, Cemre en Suat probeer vir ’n laaste keer om vir Emre te oortuig om nie weg te gaan nie.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies