Menu terloops

Minx S1

Op Showmax [Gepubliseer op 3 Okt 2022]


‘Minx’, die fiktiewe vertelling oor die oorsprong van die eerste erotiese tydskrif vir vroue in die 1970s, is net so insiggewend as propvol prettige plesier.

Kyk nou

Minx S1
Kyk lokprent

Minx is op Esquire se lys van die beste TV-programme van 2022 en is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Geen wonder – dit het immers ’n punt van 97% op Rotten Tomatoes. Die kritici se konsensus is vol lof vir dié plesierige komediereeks. Dit lui: “Die verhouding tussen Ophelia Lovibond en Jake Johnson is die onweerstaanbare middelpunt van Minx, ’n stout en skerp komedie wat ’n volbladstorie verdien.”

Die storie speel in die 1970’s in Los Angeles af. Daarin span ’n jong feminis kragte met ’n uitgewer saam om die eerste erotiese tydskrif vir vroue uit te gee. Ophelia Lovibond van Feel Good en Elementary en Jake Johnson van New Girl vertolk die hoofrolle.

Minx is vanaf 3 Oktober beskikbaar om op Showmax te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies