Wat om te kyk op Showmax in Oktober – hier is ons top-keuses.
Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.
The White Lotus S2
In die volgende hoofstuk van The White Lotus word Hawaii vir Italië verruil, met ’n nuwe groep vakansiegangers wat na ’n vakansieoord in Sicilië reis.
The White Lotus se eerste seisoen het die meeste pryse by die 2022-Emmy’s opgeraap – tien beeldjies in totaal – waaronder vir Jennifer Coolidge as beste byspeler in die rol van Tanya. Tanya is dan ook die enigste karakter van die eerste seisoen wat ons in die tweede seisoen sien.
Die nuwe rolverdeling sluit onder andere vir Aubrey Plaza (Parks and Recreation) en Theo James (Divergent) in.
Weeklikse episodes vanaf 31 Oktober. Stroom solank S1 op Showmax.
The Rehearsal S1
The Rehearsal kyk na als wat een man sal doen om die onsekerhede van die alledaagse lewe te verminder. Met ’n konstruksiespan, ’n legio akteurs, en oënskynlik onbeperkte hulpbronne, laat Nathan Fielder (How To With John Wilson) gewone mense toe om vir die lewe se grootste oomblikke voor te berei deur in simulasies daarvoor te “repeteer”.
The Rehearsal is ’n treffer onder kykers én kritici, met ’n 9/10-gradering op IMdb en ’n 93% kritici-gradering op Rotten Tomatoes.
Vanity Fair het dit “so boeiend en bisar soos die lewe self” genoem.
Vanaf 10 Oktober beskikbaar om te stroom.
Minx S1
In die 1970’s in Los Angeles, span ’n ernstige jong feminis (Ophelia Lovibond van Feel Good and Elementary) kragte met uitgewer (Jake Johnson van New Girl) saam om die eerste erotiese tydskrif vir vroue uit te gee.
Minx was boaan Esquire se lys van die beste TV-programme van 2022 (tot dusver) en het ’n punt van 97% op Rotten Tomatoes. Die kritici se konsensus lui: “Die verhouding tussen Ophelia Lovibond en Jake Johnson is die onweerstaanbare middelpunt van Minx, ’n stout en skerp komedie wat ’n volbladstorie verdien.”
HBO Max het dié komediereeks reeds vir ’n tweede seisoen hernu.
Vanaf 3 Oktober beskikbaar om te stroom.
P-Valley S2
Die strip club-dansers van die Dirty Delta is terug vir ’n tweede seisoen van die bekroonde drama, P-Valley.
Met Covid wat daartoe gelei het dat Pynk sy deure moes sluit, kom oom Clifford (Nico Annan) en Autumn Night (Elarica Johnson) met ’n opwip-alternatief vorendag: ’n deurry-karwas, waar gemaskerde vroue vir jou ’n neonverligte vertoning sal gee…
Seisoen 2 het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Salon beskryf dit as “onvergelykbaar iets anders op TV.” The Guardian sê weer “P-Valley het ’n gemaklike selfvertroue wat dit ’n groot plesier maak om te kyk.”
Vanaf 10 Oktober beskikbaar om te stroom.
The Big Sick
Volgens die resensiewebwerf Rotten Tomatoes is dié lieflike romantiese drama-komedie onder die top-tien beste romantiese flieks van alle tye. Met goeie rede. Die fliek is immers deels gegrond op die ware liefdesstorie van die komediant en Silicon Valley-akteur Kumail Nanjiani en sy skrywer-vrou Emily V Gordon. Dis dalk juis die openbaring en transformasie van só ’n intieme, private, verhaal na fliekvorm wat harder en meer aanhoudend aan die hartsnare trek.
The Big Sick draai om die Pakistan-gebore komediant Kumail en graadstudent Emily soos hulle verlief raak. Dis maar ewe sukkel-sukkel as maanskyn en rose – veral met hul kulture (en families) wat bots.
As Emily dan siek word en haar lewe aan ’n draadjie hang, word Kumail gedwing om sy ware gevoelens te erken. Só laat hy sy eie gesin en Emily se ouers mooi verstaan dat hul liefde enige storm kan teëstaan.
Beskikbaar vanaf 20 Oktober.
Call Me By Your Name
James Ivory het in 2018 die Oscar vir die beste aangepaste draaiboek vir Call Me By Your Name gewen.
Dié fliek, gegrond op die gelyknamige boek deur André Aciman, het die jonge Timothee Chalamet aan die wêreld voorgestel as ’n tienerseun, Elio, wat op sy pa se assistent, Oliver (Armie Hammer), verlief raak. Só begin ’n selfontdekkingsreis wat hom ook sy seksuele oriëntasie laat bevraagteken.
Dié romanse is vir honderde toekennings benoem en het talle opgeraap.
Vanaf 24 Oktober beskikbaar om te stroom.
The Lost City
Die briljante, dog teruggetrokke skrywer, Loretta Sage (Sandra Bullock), se lewe is glad nie soos haar boeke wat soos soetkoek verkoop nie.
Haar gewilde romantiese avonture speel op eksotiese plekke af en draai om die held, Dash. Daar’s selfs ’n aantreklike model, Alan (Channing Tatum), wie se mooi gesig op die voorkant van die boeke pryk. Alan, kom ons agter, het sy lewe daaraan gewy om Dash te beliggaam en as Loretta dan deur ’n eksentrieke miljardêr (Daniel Radcliffe) tydens haar boektoer ontvoer word, wil Alan bewys hy is meer as net ’n gesig vir die fiktiewe Dash. So is hy dan vort om haar te probeer red.
Die prettige fliek het ook vir Brad Pitt in die rolverdeling.
Stroom vanaf 24 Oktober.
The Suicide Squad
Ons enigste hoop om die wêreld te red is ’n klomp superskurke – wat kan verkeerd gaan?
Welkom in die hel, óftewel Belle Reve, die gevangenis met die hoogste sterftesyfer in Amerika waar die ergste superskurke aangehou word. Hulle sal enigiets doen om uit te kom – selfs aansluit by die geheime, super shady Taakmag X.
Vandag se doen-of-sterf-opdrag? Gooi ’n versameling boewe bymekaar, insluitend Bloodsport, Peacemaker, Captain Boomerang, Savant, King Shark, Javelin en almal se gunsteling-psycho, Harley Quinn. Gee dan vir hulle ’n moerse klomp wapens en laat staan hulle op die eiland Corto Maltese. Hier is hulle op ’n soek-en-vernietig-missie in ’n oerwoud wat wemel van guerrilla-magte wat hulle moet uitoorlê.
Die rolverdeling sluit Margot Robbie as Harley Quinn, John Cena as Peacemaker (die Peacemaker-reeks is nou op Showmax) en Idris Elba as Bloodsport in.
Stroom vanaf 10 Oktober.
Ook nuut op Showmax:
3 Oktober 2022
- The Game S1
- Annie
- Benjamin Dube: Glory In His Presence
- Benjamin Dube: Victorious in His Presence
- Central Intelligence
- Die Dors
- FAFI S1
- Girls of Olympus S1
- No Sudden Move Aka Kill Switch
- Tiger Rising
- Uit Die Slaapkamer S2
- Weerwraak
- Murder in Paris
- Twilight: Breaking Dawn Part 1 and 2
4 Oktober 2022
5 Oktober 2022
- Lion: The Rise and Fall of the Marsh Pride
6 Oktober 2022
- Ainbo: Spirit of the Amazon
- Black or White
- Isipho S1
- Moneyball
- Memoirs of a Geisha
- Cloudy With A Chance Of Meatballs 1 & 2
8 Oktober 2022
- Temptation Island USA S4
10 Oktober 2022
- Huisgenoot Ware Lewensdramas: Vlees en Bloed S1
- Horrible Science S1
- Love Under New Management: The Miki Howard Story
- The Oath
- Trevor Noah: African American
- The Ranakas S5
- Charlie’s Angels
- 50 First Dates
- Ace Ventura: Pet Detective
- The Bone Collector
11 Oktober 2022
- Kookpunt S2
13 Oktober 2022
- After Earth
- Apex
- Sparkle
- The Circle
- Trevor Noah: Daywalker
- Trevor Noah: Daywalker 2.0
- Vendetta
- Ronja, The Robber’s Daughter
- Men In Black 1, 2 & 3
16 Oktober 2022
- JAN RSVP S4 (Redakteurskeuse)
17 Oktober 2022
- A Million Little Things S4
- Malignant
- Basebenzi
- Deadlock
- Dlozi’lami S3
- Goosebumps 2
- Lekunuku S2
- Long Slow Exhale
- Isono Sami
- Modende Umndende S1
- Teenage Pregnancy S1
- The Interview
- The Road To Sunshine
- Uk’Phandela uThando
- Uyajola 9/9 S7
- X-Repo S1
- Django Unchained
- Goosebumps
19 Oktober 2022
20 Oktober 2022
- A Journal For Jordan
- Black Friday
- Kgarathlo
- Isinamuva
- Not Easily Broken
- Total Recall
- Trevor Noah: Crazy Normal
- Tulipop S1
- uMalume
- Bad Boys 1 & 2
23 Oktober 2022
24 Oktober 2022
- Billy the Kid S1
- Disobedience
- Hawe Ma
- Insika
- Once Upon a Lifetime
- uBabakhe
- Vlamme
- B Positive S2
26 Oktober 2022
- Tiktok, Boom
27 Oktober 2022
- I Spy
- Intethelelo
- The Wedding Ringer
- Trevor Noah: It’s My Culture
- Trevor Noah: Welcome To America
- Umdlalo Wempilo
- Usiko No Thando
- Sonic the Hedgehog 2
- Zombieland
- Hellboy
31 Oktober 2022
- Gaia (Redakteurskeuse)
- Venom: Let There Be Carnage
- Missing
- Searching
- Abo Makoti
- Ibutho
- Indandatho
- Snatch
- The Bounty Hunter