Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Okt 2022]

Lokprent: In ‘Donkerbos’ draai die duiwel rond


KYK NOU: Showmax het pas die eerste lokprent vir ‘Donkerbos’, ’n onheilspellende Showmax Original-rillerreeks deur die skrywer-regisseur Nico Scheepers, vrygestel.

Lokprent: In ‘Donkerbos’ draai die duiwel rond
Kyk lokprent

Donkerbos is deur Nagvlug Films (Skemerdans, Barakat) vervaardig en die eerste episode word op 29 November op Showmax vrygestel. Daarna sal nuwe episodes weekliks op Dinsdae beskikbaar wees om te stroom.

Scheepers is ook vir sy magiese werk op Nêrens, Noord-Kaap bekend.

Donkerbos draai om ’n senutergende moordraaisel wat begin met die ontdekking van die liggame van ses kinders in ’n verlate woud in die klein dorpie van Donkerbos in Limpopo. Erica Wessels (van Dwaalster en I Am All Girls) vertolk die hoofrol. Sy speel Fanie van Wyk, ’n speurder wat drie jaar tevore onder ’n donker wolk uit Pretoria ná ’n rampspoedige ondersoek gevlug het. Nou moet sy dié haglike saak probeer ontsyfer.

Die sterbelaaide rolverdeling sluit ook in die bekroonde veteraanaktrise Thoko Ntshinga (Egoli: Plek van Goud, The River), Sanda Shandu (Skemerdans), Nicole Holm (Fynskrif), Stian Bam (Die Storie van Racheltjie de Beer), Jacques Bessenger (Fynskrif, Warrior), Aphiwe Sithole (Poppie Nongena), Carel Nel (Gaia), Rolanda Marais (Trackers), Wilhelm van der Walt (Fynskrif), Leandie Du Randt (Vuil Wasgoed), Nicola Hanekom (Faan se Trein), Caleb Payne (Good Life), asook Edwin van der Walt (Wonderlus).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies