Menu terloops

Locke & Key S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 10 Aug 2022]


Die derde – en laaste – seisoen van die fantasiereeks ‘Locke & Key’ is nou op Netflix beskikbaar om te stroom.

Locke & Key S1-3
Kyk lokprent

Wéér – maar nou vir ’n laaste keer – kom sibbe Tyler, Kinsey en Bode Locke teen ’n donker en anderwêreldse bedreiging in Locke & Key se finale seisoen te staan.

In die eerste seisoen van Locke & Key het die vermoorde Rendell Locke se gesin – sy weduwee Nina en kinders Tyler, Kinsey en Bode – van Seattle na Rendell se grootword-huis in Massachusetts verhuis. By Keyhouse Manor aangekom, ontdek die kinders ’n klomp geheimsinnige sleutels. Hulle kom gou agter dit het towerkragte…en dat ’n demoon die sleutels soek.

Teen die einde van die tweede seisoen blyk dit hulle het oor die donker magte geseëvier. Tog, as ons die lot met die aanvang van die derde seisoen weer ontmoet, ontdek Bode nog ’n sleutel. En waar daar nog ’n sleutel is, is daar definitief nog moeilikheid wat wag.

Vanaf 10 Augustus op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies