Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand – hier is ons top-keuses.
Neem asseblief kennis dat titels, datums en tye moontlik kan verander.
Ludik
Die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in Ludik, Netflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks. Ook in die rolverdeling tel onder andere Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier.
Die storie draai om ene Daan Ludik (Vosloo), ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel.
Die reeks bestaan uit ses episodes. Kyk dit vanaf 26 Augustus.
Soortgelyke reekse:
Never Have I Ever S3
Uiteindelik! Mindy Kaling se treffer-tienerkomedie is terug vir ’n derde seisoen. Maar ons almal weet dis nie net tieners wat kyk nie… daarvoor is dié skreeusnaakse storie, met uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep, net te lekker. Dié seisoen is die voorlaaste uittog vir die hoofkarakter Devi (Maitreyi Ramakrishnan) en haar vriende, so geniet dit terwyl jy kan.
Met die aanvang van die nuwe seisoen wil-wil dit lyk asof almal hul happily ever afters gekry het…maar hulle kom gou agter dat die lewe alewig struikelblokke oplewer, hetsy gewone hoërskooldrama of die dieper vrae wat deur hul coming-of-age-ontdekkingsreis ontsluit word.
Die reeks het ’n punt van 94% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus wat lui: “Never Have I Ever se vars aanslag op die coming-of-age-komedie is sotlik eerlik, lieflik slim en kykers sal waarskynlik halsoorkop verlief raak op die bekoorlike nuweling, Maitreyi Ramakrishnan.”
Vanaf 12 Augustus.
Soortgelyke reekse:
Indian Matchmaking S2
Mumbai se voorste matchmaker, Sima Taparia, keer terug vir ’n tweede seisoen van een van die grootste TV-treffers van 2020. In die tweede seisoen van die wêreldwye TV-fenomeen, Indian Matchmaking, help Sima nog kliënte met hul soeke na liefde. En dis nie maklik nie. Die mense het fiemies en wenslyse wat wissel van “man-buns” en ’n “ovo-lakto-semi-vegetariese” dieet.
Die reeks is nie oraloor goed ontvang nie. Terwyl sommige resensente dit as net die regte dosis soetsappig en cute beskou het – dit is immers vrygestel tydens die hoogtepunt van die pandemie in 2020 met miljarde mense wat tuis moes toevlug vind – is dit weer deur ander gekritiseer vir hoe dit die diskriminerende kaste-stelsel in Indië normaliseer.
Tog is dit vir ’n tweede seisoen hernu. Synde die reeks een van Netflix se suksesvolste nog is, bied dit ’n gulde geleentheid vir leersame en konstruktiewe gesprekke. Hopelik is dié kritiek dus ter harte geneem.
Vanaf 10 Augustus.
Soortgelyke reekse:
Lock & Key S3
’n Mens sou dink (en/of hoop) dat die geliewe Locke-kinders hul les sou leer, maar toe nou nie. Wéér – maar nou vir ’n laaste keer – kom Tyler, Kinsey en Bode teen ’n donker en anderwêreldse bedreiging in die reeks se finale seisoen te staan.
In die eerste seisoen het die vermoorde Rendell Locke se gesin – sy weduwee Nina en kinders Tyler, Kinsey en Bode – van Seattle na Rendell se grootword-huis in Massachusetts verhuis. By Keyhouse Manor aangekom, ontdek die kinders ’n klomp geheimsinnige sleutels. Hulle kom gou agter dit het towerkragte…en dat ’n demoon die sleutels soek.
Teen die einde van die tweede seisoen blyk dit hulle het oor die donker magte geseëvier. Tog, as ons die lot met die aanvang van die derde seisoen weer ontmoet, ontdek Bode nog ’n sleutel. En waar daar nog ’n sleutel is, is daar definitief nog moeilikheid wat wag.
Vanaf 10 Augustus.
Soortgelyke reekse:
Ook nuut op Netflix vandeesmaand:
1 Augustus 2022
- Café Minamdang – Netflix Series
- Big Tree City – Netflix Kids & Family Series
2 Augustus 2022
- Ricardo Quevedo: Tomorrow Will Be Worse – Netflix Comedy Special
3 Augustus 2022
- Good Morning, Verônica: Season 2 – Netflix Series
- Buba – Netflix Film
- Don’t Blame Karma! – Netflix Film
- Trainwreck: Woodstock ’99 – Netflix Documentary
4 Augustus 2022
- Lady Tamara – Netflix Series
- Wedding Season – Netflix Film
- Super Giant Robot Brothers- Netflix Kids & Family Series
- Kakegurui Twin- Netflix Series
5 Augustus 2022
- The Sandman – Netflix Series (Ed’s Choice)
- Carter – Netflix Film
- Darlings – Netflix Film
- Rise of the Teenage Mutant Ninja Turtles: The Movie – Netflix Film
6 Augustus 2022
- Reclaim – Netflix Film
8 Augustus 2022
- Team Zenko Go: Season 2- Netflix Kids & Family Series
- Code Name: Emperor – Netflix Film
9 Augustus 2022
- I Just Killed My Dad – Netflix Documentary
10 Augustus 2022
- Instant Dream Home – Netflix Series
- Iron Chef Brazil – Netflix Series
- School Tales The Series – Netflix Series
- Bank Robbers: The Last Great Heist – Netflix Documentary
- Heartsong – Netflix Film
11 Augustus 2022
- Stay on Board: The Leo Baker Story – Netflix Documentary
- Dota: Dragon’s Blood: Book 3 – Netflix Series
12 Augustus 2022
- A Model Family – Netflix Series
- 13: The Musical – Netflix Film
- Day Shift – Netflix Film
15 Augustus 2022
- Deepa & Anoop – Netflix Kids & Family Series
16 Augustus 2022
- High Heat – Netflix Series
- Unsuspicious – Netflix Series
17 Augustus 2022
- Look Both Ways – Netflix Film
- Royalteen – Netflix Film
18 Augustus 2022
- Inside the Mind of a Cat – Netflix Documentary
- Tekken: Bloodline- Netflix Series
- He-Man and the Masters of the Universe: Season 3 – Netflix Kids & Family Serie
19 Augustus 2022
- Echoes – Netflix Series
- Kleo – Netflix Series
- The Girl in the Mirror (Alma) – Netflix Series
- Glow Up: Season 4 – Netflix Series
- The Next 365 Days – Netflix Film
- The Cuphead Show!: Part 2 – Netflix Kids & Family Series
20 Augustus 2022
- Fullmetal Alchemist The Revenge of Scar – Netflix Film
23 Augustus 2022
- Chad and JT Go Deep – Netflix Series
24 Augustus 2022
- Lost Ollie – Netflix Series
- Mo – Netflix Series
- Queer Eye: Brazil – Netflix Series
- Selling The OC – Netflix Series
- Under Fire – Netflix Series
- Watch Out, We’re Mad – Netflix Film
- Running with the Devil: The Wild World of John McAfee- Netflix Documentary
25 Augustus 2022
- That’s Amor – Netflix Film
- History 101: Season 2 – Netflix Documentary
- Angry Birds: Summer Madness: Season 3- Netflix Kids & Family Series
- Rilakkuma’s Theme Park Adventure – Netflix Series
26 Augustus 2022
- Drive Hard: The Maloof Way- Netflix Series
- Loving Adults – Netflix Film
- Me Time – Netflix Film
- Seoul Vibe – Netflix Film
29 Augustus 2022
- Under Her Control – Netflix Film
- Mighty Express: Season 7 – Netflix Anime
30 Augustus 2022
- I Am A Killer: Season 3- Netflix Documentary
31 Augustus 2022
- Family Secrets – Netflix Series
- I Came By – Netflix Film
- Club América vs Club América- Netflix Documentary
Datums nog onbekend:
- Delhi Crime: Season 2 – Netflix Series
- Partner Track – Netflix Series
- Twelve Minutes – Netflix Games
- Heads Up! – Netflix Games
- Rival Pirates – Netflix Games
- Immortality – Netflix Games
Kry Netflix met DStv
DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →