Menu terloops

Let the Right One In S1

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Feb 2023]


Die TV-weergawe van die Sweedse roman ‘Let the Right One In’ word onderskraag deur sterk vertolkings van veral sy hoofsterre, Demián Bichir en Madison Taylor Baez.

Let the Right One In S1
Kyk lokprent

Let The Right One In is geïnspireer deur John Ajvide Lindqvist se roman wat al voorheen in twee bekroonde rolprente verwerk is.

Die storie draai om Mark en sy dogter Eleanor, wie se lewens tien jaar vantevore omgedolwe is toe sy in ’n vampier verander is. Eleanor (ook bekend as Ellie) lei ’n afgesonderde lewe. Sy kan net snags uitgaan terwyl haar pa sy bes doen om haar die menslike bloed te voed wat sy nodig het om te oorleef. Hulle keer uiteindelik na New York terug in hul desperaatheid om Ellie te genees.

Let The Right One In sien onder andere die Oscar-benoemde Demián Bichir (The Hateful EightA Better Life) as Mark en die America’s Got Talent-kinderster Madison Taylor Baez as Eleanor in die rolverdeling. 

Binge vanaf 27 Februarie op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies