Menu terloops
In Wat om te kyk [14 Feb 2025]

‘Lekker en Goed’: Episode 7 se resepte 


Van dadelhawermoutstafies tot frikkadelle vir die kosblik – hier is Carmen Niehaus se resepte vir al die geregte wat sy in die sewende episode van haar kykNET-reeks, ‘Lekker en Goed’, voorberei het.

Stroom 'Lekker & Goed'

‘Lekker en Goed’: Episode 7 se resepte 

Kopiereg van Lekker en goed-resepte: Carmen Niehaus

Moskou-muil 

Gee oudag se gemmerbier bietjie skop met vodka en rooibostee.  

Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 10 min

Lemmetjiesap

sout

2 sopies vodka 

3 sakkies Carmien Revive-rooibostee (met gemmer en brandrissie)

Vars sap van ’n halwe lemmetjie

Yskoue gemmerbier 

Vars lemmetjies, in skyfies gesny

  1. Druk die rante van die glase eers in lemmetjiesap en dan in sout. Laat staan eenkant om droog te word.
  2. Giet die vodka in ’n groot beker en voeg die teesakkies by. Laat staan ten minste 5 minute sodat die tee goed kan intrek in die vodka. Druk alle vloeistof uit die teesakkies en verwyder die teesakkies.
  3. Voeg die lemmetjiesap by en meng goed. 
  4. Vul die drankie op met gemmerbier en voeg skyfies lemmetjies by. Skink.

Eier-en-wortelslaaiflessies met suursous

Lekker en goed met Carmen Niehaus

Pleks van hardgekookte eiers so op hul eie, voeg ek dit by ’n slaai gelaai met bietjie groenigheid en goedheid. Wortels bevat veral baie beta-karoteen wat help met goeie sig terwyl die avokado sorg vir onversadigde vette en heelwat vitamiene en minerale terwyl die rooi ui onder meer met antioksidante gelaai is. 

Die suursous van destyds wat gemaak was met kondensmelk, trek ’n gesonder baadjie aan, want dit kry heelwat minder suiker in en is propvol protein verkry vanaf die eiers en jogurt.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min

Gaarmaak: 15 min

MOSTERDSLAAISOUS

3 eiers, geklits

60 ml (¼ k) water

60 ml ( ¼ k) appelasyn

60 ml ( ¼ k) suiker

20 ml (4 e) matige mosterdpoeier of 30 ml (2 e) klaarbereide mosterd

2 ml (½ t) sout

Sowat 80 ml (⅓ k) natuurlike jogurt 

SLAAI

1 Cos-blaarslaai, in blare gebreek

4 eiers, hardgekook en doppe verwyder

2—3 wortels, skoongeskraap en dan in repe geskil met ’n aartappelskiller

1 avokado, in skyfies gesny 

1 klein rooi ui, in dun ringe gesny

4 eiers, hardgekook en doppe verwyder

  1. Sous: Plaas al die bestanddele in ’n swaarboomkastrol en klits goed met ’n draadklitser. Roer aanhoudend oor lae hitte tot die sous glad en dik is. (pas op vir skif).
  2. Laat afkoel en meng die jogurt in. Skep die slaaisous in klein flessies.
  3. Slaai: Pak eerstens die blaarslaai, dan die wortelrepies, gevolg deur die avokado, rooi ui en skyfies hardgekookte eier in ’n skoon fles. Plaas die deksel op en draai stewig toe. 
  4. Voorsit: Keer die slaaiflessies om op ’n bordjie en giet die slaaisous oor. 

Kosblik-frikkadelletjies 

Lekker en goed met Carmen Niehaus

Die mosterdslaaisous is ook heerlik saam met die frikkadelletjies. Piekenierskloofwyne se flagskipwyn, Granache Noir, met sy goedgebalanseerde tanniene en geuprofiel van frambose en kersies met fyn note komyn en anys komplementeer die geurige frikkadelletjies baie goed. ’n Handvol amandels hierby ingemeng verskaf ’n effense brosserigheid en maak dit heerlik anders.

Lewer sowat 26 frikkadelle (genoeg vir 6 mense)

Bereiding: 20 MIN.

Gaarmaak: 20-30 MIN.

FRIKKADELLE

halwe ui, in stukke gesny

100 g heel amandels

2 hande vol pietersielie

2 hande vol koljanderblare

15 ml (1 e) suurlemoensap

Gerasperde skil van een suurlemoen

10 ml (2 t) elk fyn komyn en fyn koljander

5 ml (1 t) brandrissievlokkies

5 ml (1 t) sout

swartpeper na smaak

700 g maer maalvleis

1 eier

45 ml (3 e) olyfolie

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Frikkadelle: Plaas alles buiten die maalvleis, eier en olie in ’n voedselverwerker en verwerk tot goed fyn gekap.
  3. Skep uit in ’n mengbak, voeg die maalvleis en eier by en meng liggies maar deeglik. Rol in balletjies so groot soos okkerneute, plaas op ’n bakplaat en giet bietjie olyfolie oor.
  4. Bak sowat 20–30 min. of tot net gaar.
  5. Vir voorsit as padkos: Laat afkoel en pak in ’n bak met ’n deksel. Verkoel.

Dadelhawermoutstafies

In hierdie stafies word die soetigheid meerendeels van die dadels verkry en ek voeg ’n bietjie klapperolie by (anders as toentertyd se dadelstafies wat gewemel het van die suiker en botter om daardie bros krakerige koekie te kry) . So hierdie is eerder ’n “chewy” dadelstafie as ’n bros koekie. Dadels wemel van vesel en saam met die sade dra dit by tot verdere goedheid. 

Maak 18 stafies

Voorbereiding: 15 min

Baktyd: 30-45 min

250 g dadels, gekap 

125 ml (½ k) warm Boost Vit C (3 sakkies)

2,5 ml (½ t) koeksoda

1 eier, geklits

250 ml (1 k) hawermout

250 ml (1 k) klapper 

60 ml elk (¼ k) geroosterde sonneblomsaad, en pampoensaad 

125 ml (¼ k) koekmeel of glutenvrye meelmengsel 

2,5 ml (½ t) koeksoda

5 ml (1 t) kaneel of gemengde speserye

Knippie sout

80 ml (⅓ k) klapperolie 

45 ml (3 e) bruinsuiker of heuning

1 plak (80 g) donker sjokolade, gesmelt vir bo-oor giet

Soutvlokkies vir oorsprinkel 

  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ’n 20 cm-vierkantige koekpan goed.
  2. Plaas die dadels in ’n bak, giet die warm tee oor en sprinkel die eerste hoeveelheid koeksoda oor. Laat staan minstens 5 minute tot die dadels lekker sag is, voeg die eier by.
  3. Meng die droë bestanddele saam.
  4. Smelt die klapperolie en bruinsuiker of heuning saam. Meng met die dadels. 
  5. Voeg die droë bestanddele by die dadelmengsel en meng goed.
  6. Druk vas in die voorbereide pan en bak 30-45 min tot goudbruin bo-op en stewig. 
  7. Koel heeltemal af en keer uit. 
  8. Giet die gesmelte sjokolade oor die onderkant, laat stol, sprinkel bietjie sout oor en sny in stafies met ’n riffelmes of breek in stukke. 
  9. Verpak in ’n lugdigte houer.

Vir verdere inligting oor voedingswaardes, gesonder eet en resepte, raadpleeg Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid deur Carmen Niehaus, uitgegee deur LAPA.


Lekker & Goed saai Donderdae op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) om 17:30 uit. Episodes is ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies