Menu terloops
In Gons [3 Feb 2025]

‘Kyk wie praat’: Jong ‘wysneuse’ keer terug na die kassie


Sowat 500 klein klitse het aanvanklik ingeskryf om deel van die vierde seisoen van die ‘Kyk wie praat’-vasvraprogram, wat vandeesweek begin uitsaai, te wees. 

‘Kyk wie praat’: Jong ‘wysneuse’ keer terug na die kassie

“Ek dink die magic van die program lê vasgevang in die onskuldigheid daarvan. Klein mensies ervaar die lewe net soos ons, maar die onskuld en eerlikheid waarmee hulle dit kan verwoord is skreeusnaaks en soms hartroerend waar,” is hoe die programaanbieder, die akteur De Klerk Oelofse, die reeks opsom. 

Hy is reeds vanaf die heel begin die reeks, wat op die Britse reeks Small Talk gegrond is, se fasiliteerder. Net soos met die vorige reekse, gaan De Klerk se bekkige klitse, almal tussen ses en nege jaar oud, vier grootmense behoorlik op hulle tone hou. Hoewel dit ’n vasvraprogram is, is dit een met ’n kinkel.

De Klerk rig vrae aan die kinders en daarna moet die volwasse deelnemers raai wat watter een van dié wysneuse met die antwoorde na vore gekom het. Ronde na ronde word die ouer en gryser (maar nie noodwendig wyser) deelnemers uitgeskakel tot net een oorbly. Daardie deelnemer kan ’n kontantprys van tot R30 000 in die sak steek. 

Daar is ook ’n boerpotprys van R100,000 vir die reekswenner op die spel.

Hierdie keer het drie van die vorige seisoen se deelnemers –  Katinka, Kieran en Caylee-Joy – gehelp om vrae vir die nuwe span uit te dink. 

Kyk wie praat
Kieran, Katinka en Caylee-Joy dink nuwe vrae uit. Foto: Verskaf

Goud werd

Vir De Klerk, wat ook deel van die vervaardigingspan is, is die kinders se eerlikheid goud werd. “Deur die wêreld deur die oë van klein mensies te sien, kry volwassenes ’n beter en vars perspektief op die lewe.”

Daar was meer as 500 kinders wat ingeskryf het om deel van 2025 se klas te kon wees. Inskrywings is landwyd vanuit Tzaneen in die Limpopo tot Stella en Dispatch in die Oos-Kaap ontvang. 

Die produksiespan het reeds vanaf 25 September bontgestaan met oudisies en dit het vyf weke geneem voordat daar op die finale groepie van 61 klitse besluit is. 

“Ek hou glad nie van oud word nie. Om met die klitse te werk herinner my om nie alles so ernstig op te neem nie, om nooit op te hou speel nie en om weer met onskuldige oë na die wêreld te kyk,” sê De Klerk. 

Vir die kykers gaan daar ’n paar bekende gesiggies wees, want daar is van die vierde seisoen se deelnemers wat ook in die vorige seisoen te sien was. 

Wie is die bekende gesiggies?

  • Wie kan nou vir Jean-Jacques vergeet? Hy’s die klits wat gereeld in die skoolhoof se kantoor beland. En dis nie om die hoof soggens te groet nie . . .  
  • Sy hou glad nie van Crocs nie, maar Petronella droom daarvan om ’n kelner te word. 
  • Liewe Jesus het nog steeds blyplek in een van die kamers van Liran se hart.
  • Lily se aansteeklike giggel, en haar boet Jude, het reeds in die vorige seisoen baie harte verower.  
  • Vanuit Brackenfell het Lalia die deelnemers beïndruk as ’n slimkop.  
  • Kykers sal beslis vir Peighton onthou. Haar denkbeeldige vriend, Bob, sit nog gereeld saam aan die eettafel.
  • Diereliefhebber Wihann se hond (Max) en kat (Stewie) is beslis die twee wat hom baie na aan die hart lê.  
  • Cassidy is slaggereed met peperduur trouplanne wat enige man se sak deeglik gaan skud, veral dié van haar bekommerde pa.   
  • Volgens Sadie het Jesus eers sebras wit geverf en toe later die swart strepe bygesit. 
  • Daar is ook ’n jong vegetariër in die groep – dis natuurlik Ansolei.

Kyk wie praat begin op Woensdag 5 Februarie 2025 om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Seisoen 3 van Kyk wie Praat is ook op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies