Menu terloops
In Gons [19 Sep 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Boetie Boer’, Showmax se nuwe ware misdaad-dokkiereeks


‘Boetie Boer: Inside The Mind Of A Monster’ is Showmax se nuutste ware misdaad-dokkiereeks waarin die reeksmoordenaar Stewart ‘Boetie Boer’ Wilken oor sy grudade vertel.

Stroom vanaf 18 Oktober 2023

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Boetie Boer’, Showmax se nuwe ware misdaad-dokkiereeks
Kyk lokprent

Showmax se Boetie Boer, Inside The Mind Of A Monster neem kykers terug in tyd na 1990. Soos die ANC ontban, en Nelson Mandela ná 27 jaar in die tronk vrygelaat word, begin Stewart ‘Boetie Boer’ Wilken sy moordtog in Port Elizabeth, nou Gqeberha. Soos die joernalis Brett Adkins in die lokprent sê: “Toe hy in hegtenis geneem is, het dit geklink soos iets uit ‘n fliek. Skielik het ons ’n reeksmoordenaar gehad.”

“Wilken was ’n hoogs ongewone reeksmoordenaar,” sê dié dokumentêre reeks se regisseur Jasyn Howes (Dula).

“Anders as die meeste reeksmoordenaars, het hy meer as een soort slagoffer gehad. Hy het oorwegend vroue sekswerkers en jong seuns, gewoonlik straatkinders, van verskeie rasse geteiken. Hy het ook beweer dat hy nekrofilie en kannibalisme met sy slagoffers beoefen het.”

Boetie Boer-regisseur Jasyn Howes
Boetie Boer-regisseur Jasyn Howes. Foto: Verskaf

In die lokprent bespreek Wilken openlik sy misdade met dr. Gérard Labuschagne, die voormalige afdelingshoof van die polisie se ondersoekende sielkunde-afdeling.

“Labuschagne het vir ons sy opname van net meer as drie ure gegee, waarin Wilken, in sy eie woorde, alles vertel wat hy gedoen het,” sê Howes.

“Wilken was teen daardie tyd reeds agt jaar in die tronk. Hy is reeds tot lewenslange tronkstraf gevonnis, so hy het geen ooglopende rede gehad om iets weg te steek nie.”

Wilken se weergawe van gebeure word vergesel deur onderhoude met sers. Ursula Barnard van die polisie se kinderbeskermingseenheid, asook sers. Derick Nosworthy van die moord-en-roof-eenheid. Albei het sleutelrolle in Wilken se vervolging gespeel. Daarbenewens voer Howes ook onderhoude met die familie van een van Wilken se slagoffers, Georgina Zweni, en met Wilken se kinders, Sonika en Sergius.

Die 90’s was ook die era van die ABC-moordenaar, Moses Sithole, en die sogenaamde “Station Strangler”-beskuldigde, Norman Simons, wat in Julie 2023 op parool vrygelaat is. Ten spyte daarvan dat hy ten minste sewe moorde gepleeg het, het Wilken se misdade dus nie soveel dekking ontvang soos wat ’n mens sou verwag nie. 

“Ten tyde van sy moorde het Wilken se saak grootliks ongemerk in die res van die land gebly, aangesien daar terselfdertyd meer hoëprofiel-moordenaars op vrye voet was,” sê Howes.

“Daar is min tot geen video- of radio-argief nie, hoewel daar meer koerantdekking was. Ons moes dus op reaksies steun om die storie visueel lewe te gee. Ek is beïndruk deur dokumentêre reekse soos Wormwood wat werklik probeer het om die ware misdaad-genre in ’n nuwe rigting te stuur, en wat die grense tussen dokumentêre en verhalende rolprentvervaardiging vervaag het. Dít het ons die geleentheid gebied om die genre plaaslik te verhef en die gehoor ’n meer filmiese kykervaring te gee.”

Die vyfdelige dokumentêre reeks is ’n koproduksie tussen Stage 5 Films en Howes se Fifth Floor Films. Dit is die derde dokumentêr, en eerste ware-misdaad-dokumentêre reeks, van Stage 5 Films. Dit bou voort op die sukses van Unearthed, en The Journeymen. Stage 5 Films se prestasie-rekord sluit ook die studente-Oscar-wenner Lakutshon’ Ilanga en die Suid-Afrikaanse Oscar-inskrywing, Noem My Skollie in.


Boetie Boer het ‘n ouderdomsbeperking van R18, en premiere op Showmax op 18 Oktober 2023, met nuwe episodes elke Woensdag. Nie vir sensitiewe kykers nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies