Menu terloops
In Wat om te kyk [24 Jan 2023]

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Nuwe beoordelaars haal braaiers oor die kole


kykNET se gewilde realiteitsreeks, ‘Kokkedoor’, het twee nuwe beoordelaars én ’n nuwe aanslag – dié keer moet deelnemers sake in die kombuis met hul braai-talente uitspook… en daar is steeds tyd om in te skryf.

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Nuwe beoordelaars haal braaiers oor die kole

Vir kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam is die bekende sjef Bertus Basson en braai-ghoeroe Kobus Botha as nuwe beoordelaars gekies.

Bertus is nie net een van Suid-Afrika se top-sjefs nie, maar is ook reeds ’n bekende gesig op Afrikaanse televisie. Só was hy die afgelope twee jaar die aanbieder van kykNET se In die Sop-werklikheidsreeks, waar hy en ’n span kundiges ingespring het om nuwe lewe in restaurante te blaas. (In die Sop is op Showmax beskikbaar om te stroom.)

Bertus Basson is een van Kokkedoor Vuur & Vlam se beoordelaars. Foto: Verskaf
Bertus Basson is een van Kokkedoor Vuur & Vlam se beoordelaars. Foto: Verskaf

Kobus is op sy beurt internasionaal as ietwat van ’n braaisensasie bekend. Hy woon die afgelope paar jaar in Frankryk waar hy vanweë sy vindingrykheid en kreatiwiteit oor die kole by privaatkuiers en spoggerige geleenthede groot aansien geniet. Kobus, oorspronklik van Oudtshoorn, besoek Suid-Afrika steeds baie gereeld. Só het hy ook hier in 2019 sy boek, Le Braai – Braai with a bit of je ne sais quoi, bekendgestel.

Kobus Botha sal as beoordelaar in Kokkedoor Vuur & Vlam deelnemers oor die kole haal. Foto: Verskaf
Kobus Botha sal as beoordelaar in Kokkedoor Vuur & Vlam deelnemers oor die kole haal. Foto: Verskaf

Die Kokkedoor-tafel is vir die eerste keer in 2013 vir kykers gedek. Oor die jare het spin-off-reekse soos Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie gevolg.

Vir Kokkedoor Vuur & Vlam gaan deelnemers egter alles in die vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster moet voorberei. En inskrywings is steeds oop tot 31 Januarie 2023 met die reeks wat na verwagting vanaf Julie vanjaar uitgesaai sal word.

Maar hokaai eers – jy en jou kroos dink dalk jy is die ultimate braaier, maar vir dié reeks word braai ’n spansport: kykNET soek na die perfekte span-kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. ’n Onthoubraaier het nie formele sjef-opleiding en professionele ondervinding nie, maar hul hart klop warm vir tradisionele kos. Hulle word gekies vanweë hul vernuf as ’n tuisbraaier en hul kennis van onthoukos. Daarenteen word Kinkelbraaiers gekies juis vir hul kwalifikasies of hul ondervinding in ’n erkende restaurant of professionele kombuis.

Kokkedoor Vuur & Vlam word deur Homebrew Films vervaardig.

Skryf só in:

Besoek www.kyknet.tv, stuur ’n video per WhatsApp-boodskap na 064-736-5013 of stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv. Elke persoon se inskrywingsvideo, maksimum drie minute lank, moet die volgende inligting bevat:

  • Stel jouself bekend;
  • Vertel wie jy is;
  • Waar kom jy vandaan;
  • Is jy ’n onthou- of ’n kinkelbraaier, en hoekom;
  • Hoekom wil jy deelneem.

Reëls:

Hoe oud moet iemand wees om deel te neem? Jy moet ten minste 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie.

Kan enigiemand inskryf? Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger wat ’n geldige identiteitsdokument het, kan inskryf.

Wanneer vind die oudisies plaas? Vir diegene wat die kortlys haal, sal oudisies in Februarie plaasvind.

Wanneer en waar gebeur verfilming? Persone wat deurdring om deel te neem, moet gedurende April/Mei in die Kaap-omgewing beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies