Menu terloops
In Recaps & Resensies [5 Des 2024]

‘Klein Paradys’: Als wat jy ná episode 7 moet weet


Die spanne se badkamers is nog ver van klaar, en die beoordeling vir die slaapkamers is om die draai. Die senuwees knaag, en die lonte is kort in vandeesweek se episode van kykNET se realiteitsreeks, ‘Klein Paradys’.

Stroom nou

‘Klein Paradys’: Als wat jy ná episode 7 moet weet

Die Klein Paradys-spanne is moeg, en so hier en daar is hulle baie krapperig teenoor mekaar. As jy eers hoor een spanlid sê vir ’n medespanlid, “Moenie só met my praat nie”, dan moet jy weet, dinge raak warm. 

Elke huis het sy kruis…

Yvett en Klaas het vasgesit oor hoe die vloer in hulle eenheid ingesit moet word. Hy wou aan een kant begin, en sy het gedink hulle moet aan die ander kant begin. Toe hy haar wou oortuig dat sy manier reg is, is sy daar weg met haar stert in ’n krul. Maar die goeie ding is dat hul muurpapier, ná ’n effense wankelrige begin, op is. Hulle hoop dít gaan die beoordelaars mateloos beïndruk.

Sonsitter

Jannie en Mika werk goed saam, maar wanneer daar te veel mense in hul eenheid is, verkies sy om alleen in die son te gaan sit. Jannie is ook steeds ’n groot opgaarder van gereedskap… Maar glo omdat hy reken die ander kyk nie mooi daarna nie. 

Toetse

Gerrie en Maggie vorder en sien uit daarna om in die slaapkamer te begin slaap. Nadat sy verf by Tjhoko laat meng het, vertel Maggie dat sy nog altyd ’n verfkleur na haar vernoem wou hê. Die getroudes het erken dat dié kompetisie jou op alle vlakke toets – nie net in terme van tyd en energie nie, maar ook emosioneel. 

Verlange 

Juan-Louis en Elri se beplanning vorder goed, en elke stuk hout wat in die eenheid moet kom, word tot die millimeter uitgewerk. Hulle begin duidelik baie huis toe verlang en sê dat dit soms voel of hulle die hele tyd werk, maar nie die verskil kan sien nie.

Klein Paradys
Dié twee verlang huis toe… Foto: Verskaf

Agterosse

Claudia en Alicia is nog bekommerd oor hulle plafon wat moet in, maar hulle het net een onmiddellike doel voor oë: om nie weer laaste in die volgende beoordeling te kom nie. 

Klein Paradys
Enigiets om nie weer laaste te kom nie! Foto: Verskaf

Voluit vorentoe

Lee-Ann en Johann werk elke moontlike oomblik wat hulle kan. Hulle is vasbeslote om die badkamer ook klaar te hê wanneer die beoordelaars kom om punte vir die slaapkamers te gee. 

Maak mooi of Brandt sien rooi!

Die projekbestuurder, Brandt Bester, het genoeg gehad van die deurmekaar werkswinkel. Die spanne is summier ingeroep om te kom regpak en skoonmaak. Alicia het ’n verestoffer gegryp en begin afstof. Van die ander deelnemers het gemor dat Jannie en Mika weer lyf wegsteek en in hul eie eenheid werk terwyl die ander spanne regpak. Johann het as toesighouer ingegryp, en ’n groot klomp van die gereedskap wat Jannie opgegaar het, is terug na die werkswinkel. 

Klein Paradys
Raai wie is nie gelukkig nie… Foto: Verskaf

R5 000 se wengeld 

Die aanbieder, Robbie Kruse, het weer die spanne na die werkswinkel vir ’n uitdaging geroep. Elke span moes ’n bed binne vyf minute opmaak. Die beoordelaar, Magdalena Bobotoni, het Maggie en Gerrie as wenners van die R5 000 kontant aangewys. Dis deur die hoofborg, Capitec, geskenk. 

Wat volgende?

In episode 8 word die slaapkamers beoordeel. Wie gaan as die wenners aangewys word? Maar belangriker nog: Gaan die spanne reg wees vir die beoordeling? 


Klein Paradys is op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies