Menu terloops
In Recaps & Resensies [31 Okt 2024]

‘Klein Paradys’: Wat jy moet weet ná episode 2


Die ses spanne in kykNET se nuwe leefstyl-realiteitsreeks, ‘Klein Paradys’, het in dié episode mekaar met vloerplanne vir hul mikro-eenhede die stryd aangesê.

Stroom nou

‘Klein Paradys’: Wat jy moet weet ná episode 2

Die ses spanne se eerste uitdaging in die eerste episode van Klein Paradys het bepaal watter eenheid die spanne kon kies. Die spanne is ook aangesê om ’n vloerplan vir die eenheid te ontwerp. Hierdie vloerplanne is in episode twee aan die drie beoordelaars voorgelê: Wicus Pretorius (Tuis se redakteur), Magdalena Bobotoni (uitvoerende hoof van huishouding by die deftige Saxon Hotel in Johannesburg), en Jess Pieters (wenner van Netwerk24 se Smaakmaker van die Jaar-toekenning in die doen-dit-self-kategorie). 

Die werkswinkel

Die deelnemers het vir die eerste keer gesien hoe die Klein Paradys-werkswinkel lyk. Die projekbestuurder, Brandt Bester, het aan hulle gesê die werkswinkel sal elke dag tussen 09:00 en 17:00 oop wees. Die spanne, wat glimbaadjies in ses verskillende kleure dra, het elkeen hulle eie werkstafel, maar die res van die gereedskap, verf en ander benodighede moet gedeel word. 

Die prys vir dié episode se wenspan was ’n konsultasie met Wicus.

Die spanne het in die volgende posisies geëindig: 

1

Johann en Lee-Ann

Klein paradys
Johann en Lee-Ann. Foto: Skermgreep

Asem – Eenheid 4

Puntetoekenning: 4 uit 5 

Die beoordelaars was veral beïndruk met hulle stort en toilet wat apart geposisioneer is en hoe hulle beplan om die natuur om die eenheid tot hulle voordeel te gebruik. 

2

Maggie en Gerrie

Klein paradys
Maggie en Gerrie hard aan die werk. Foto: Skermgreep

Palimpses – Eenheid 2

Puntetoekenning: 3,6 uit 5

Die slim gebruik van spasie het die beoordelaars beïndruk, maar hulle het gevoel die badkamer kan kleiner. 

3

Mika en Jannie

Klein Paradys
Mika en Jannie. Foto: Skermgreep

22 – Eenheid 3

Puntetoekenning: 3 uit 5

Die beoordelaars was veral bekommerd omdat daar volgens hulle nie genoeg gemaklike sitplek in die plan is nie. 

4

Juan-Louis en Elri

Klein paradys
Juan-Louis en Elri. Foto: Skermgreep

Intak – Eenheid 5

Puntetoekenning: 2,9 uit 5

Jess het baie gehou van wat hulle met die buite-area beplan, maar Wicus se raad aan hulle was om altyd te onthou alles moet veeldoelig wees. 

5

Klaas en Yvett

Klein Paradys
Klaas en Yvett. Foto: Skermgreep

Die Meerkat – Eenheid 1

Puntetoekenning: 2,8 uit 5

Klaas en Yvett het probeer om hulle troefkaart – dat hulle die een hele muur in hulle eenheid met muurpapier gaan versier – weg te steek, maar Jess het haar voet neergesit. Die duo het toe hulle voorneme gedeel, en Wicus het gesê dis ’n baie goeie plan, aangesien dit deesdae ’n groot trend is. 

6

Alicia en Claudia

Alicia en Claudia. Foto: Skermgreep

Kaapse Nooi – Eenheid 6

Puntetoekenning: 2,5 uit 5 

Die susters van Bloemfontein sukkel veral om die Kaapse weer – nat winters en winderige somers – in ag te neem, en dit was duidelik in hulle beplanning te sien. 

Die beoordelaars se kommentaar 

Jess het gevoel byna al die spanne se badkamers neem te veel ruimte in beslag. Wicus het hulle weer daaraan herinner dat elke sentimeter tel wanneer dit by mikro-eenhede kom. Magdalena het die spanne gekomplimenteer met die plasing van hulle beddens en met hoe hulle die natuurskoon om die eenhede in ag geneem het. 

Wat lê voor op Klein Paradys

Dit begin duidelik raak watter spanne nie net goed kan saamwerk nie, maar ook na die raad van die beoordelaars sal luister. Die feit dat die spanne in tente langs hulle eenhede slaap en nie noodwendig elke aand ’n goeie nagrus gaan kry nie, gaan later beslis ’n invloed op hulle werk hê. En soos met alle realiteitsreekse is die groot vraag: Wanneer gaan die naels begin uitkom, en wanneer gaan die eerste trane loop? 


Klein Paradys is op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies