Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Maandag 2 Maart 2026
Angie is onseker oor Wade nadat sy met Oliver gesels het. Susan moedig Linda aan om polisie toe te gaan, terwyl Rhafiek ’n tweede dokter se opinie kry.
Dinsdag 3 Maart 2026
Angie sukkel om vir Wade te vertrou, terwyl Elana wonder hoe Linda regtig oor haar situasie voel. Rhafiek se kondisie raak erger…
Woensdag 4 Maart 2026
Angie en Zoë begrawe die strydbyl, terwyl Bennie se voorstel Linda onkant vang. Rhafiek kry sy nuutste toetsuitslae.
Donderdag 5 Maart 2026
Bennie werk hard aan ’n groot verrassing vir Linda. Zoë het ’n plan om Wade terug te wen, maar gaan sy deurdruk? Rhafiek kry goeie nuus oor sy siekte, maar dit is van korte duur.
Vrydag 6 Maart 2026
Wade moet sy kop skoon kry ná Zoë se onthulling, terwyl Bennie ’n groot aankondiging maak. Rhafiek kry skokkende nuus.
Maandag 9 Maart 2026
Linda se ouers dring aan dat sy moet terugtrek Johannesburg toe. Rhafiek sukkel om vir Bridgette te vertel van sy kondisie, terwyl Angie uitvind wat Zoë gedoen het.
Dinsdag 10 Maart 2026
Angie kry die antwoorde waarvoor sy gesoek het. Rhafiek se kondisie het groot implikasies vir sy beroep. Bennie en Linda maak ’n besluit oor die toekoms.
Woensdag 11 Maart 2026
Susan en Elana verras vir Linda. Zoë skilder haar gevoelens en iemand kom net voor Eid terug Ruiterbosch toe.
Donderdag 12 Maart 2026
Zoë neem ’n besluit oor haar kunswerk wat Frankie benoud maak. Susan soek antwoorde oor hoekom Linda oornag in haar dop gekruip het en Rhafiek staal hom vir ’n belangrike vergadering.
Vrydag 13 Maart 2026
Die Samsodiens is in ’n toestand ná Rhafiek se afdanking, terwyl Susan bekommerd is oor Linda wat haar al meer emosioneel onttrek. Angie en Wade koop vir mekaar geskenke by die skool se veiling.
Maandag 16 Maart 2026
JPD is in die knyp nadat Bridgette vir Rhafiek afgedank het. Zoë kry haar skildery terug, terwyl Elana en Susan ’n belangrike besluit moet neem.

Dinsdag 17 Maart 2026
Wade konfronteer vir Zoë oor die inbraak by die Daniels-huis. Nazeem maak ’n skokkende nuwe skuif teen Bridgette en Lee-Ann, terwyl Linda een laaste versoek het voordat sy na Johannesburg vertrek.
Woensdag 18 Maart 2026
Angie volg haar instink oor die inbraak by Lee-Ann se huis. Die atmosfeer in die Samsodien-huis is stram.
Donderdag 19 Maart 2026
Susan en Elana geniet saam die hoogte- en laagtepunte van hul nuwe hoostuk, terwyl Wade en Angie probeer om die krake in hul verhouding te herstel. Intussen verswak Rhafiek se gesondheid nog verder.
Vrydag 20 Maart 2026
Elana en Susan moet albei ’n krisis by die werk hanteer en Frankie nooi haar ma vir ’n aand uit saam met al die vriende. Die Samsodiens is in ’n toestand oor Rhafiek.
Maandag 23 Maart 2026
Frankie is oortuig Amanda weet dat sy en Riaan mekaar amper gesoen het, terwyl Angie baba-oppasser speel. Bennie bring nuus en Rhafiek is mismoedig oor sy toekoms.
Dinsdag 24 Maart 2026
Mymoena probeer vir Rhafiek opbeur, terwyl Elana en Susan sukkel om tyd te maak vir alles in hul bedrywige lewens. Riaan en Amanda leer mekaar beter ken.
Woensdag 25 Maart 2026
Susan is uit die veld geslaan wanneer sy hoor Elana wil ’n drastiese besluit neem, terwyl Nazeem ’n moontlike oplossing vir Rhafiek se probleem het. Justin hoor die teenoorgestelde van wat hy wou hoor wanneer hy met Amanda gaan praat.
Donderdag 26 Maart 2026
Wade droom groot en Susan kry ’n onverwagse boodskap wat haar nuwe hoostuk met Elana kan omverwerp. Rhafiek hoop die spesialis kan hom help met sy probleem, maar gaan hy goeie nuus kry?
Vrydag 27 Maart 2026
Wade maak gereed vir die partytjie by Anker, terwyl Susan skokkende nuus met Elana deel. Rhafiek neem ’n besluit wat Kaashifa erg ontstel.
Maandag 30 Maart 2026
Wade en Angie stamp koppe oor haar optrede in Anker. Susan se drome word ontspoor wanneer daar ’n krisis opduik, en Rhafiek weier om vir die operasie te gaan terwyl hy en Kaashifa nie daaroor saamstem nie.
Dinsdag 31 Maart 2026
Susan en Elana wil ’n drastiese besluit neem, maar iemand is baie ongelukkig daaroor. Rhafiek kry ’n paar interessante besoekers in die hospitaal, terwyl Riaan steeds Amanda se bloed laat kook.
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.