Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Woensdag 1 Julie 2026
Wade probeer vrede maak met Zoë. Die spanning tussen Bianca en Rhafiek kook oor, en Ava se genadelose benadering tot die apteek verras Nazeem.
Donderdag 2 Julie 2026
Siya probeer die vrede in die familie herstel. Angie wil nie vir Zoë by haar afspraak met die dokter hê nie en Oliver maak ’n oorlas van homself.
Vrydag 3 Julie 2026
Nazeem en Ava moet spartel om Oliver se ongeluk geheim te hou. Rhafiek en Bianca is albei ewe hardkoppig en weier om vrede te maak. Intussen bars daar ’n herrie los wanneer Wade en Angie se video op sosiale media geplaas word.
Maandag 6 Julie 2026
Bianca en Rhafiek se vete bereik ’n skokkende hoogtepunt. Zoë voel skuldig wanneer Angie in die hospitaal opgeneem word.
Dinsdag 7 Julie 2026
Angie moet rus en geensins ontstel word nie. Mymoena wil met Oliver gaan praat, terwyl Mike namens Frankie ’n besluit neem.
Woensdag 8 Julie 2026
Lee-Ann moedig Wade aan om vir Zoë te baklei. Mike hoor nuus oor Frankie wat hom ongemaklik maak, terwyl Mymoena op iets in die apteek afkom…
Donderdag 9 Julie 2026
Mike plaas vir Frankie in ’n moeilike posisie. Zoë beplan om Ruiterbosch te verlaat en Mymoena is op Ava se spoor.
Vrydag 10 Julie 2026
Kate kom op skokkende inligting af wanneer sy haar familieboom bekyk. Ava vind uit dat Mymoena ook ’n aanbod op die apteek gemaak het, terwyl Bridgette vir Wade oortuig om van Zoë te vergeet en aan te gaan met sy lewe.
Maandag 13 Julie 2026
Ava en Nazeem is opgewonde oor hul plan, terwyl Angie en Bridgette mekaar invlieg. Mike probeer weer om Frankie te help met idees, maar dit ontaard in ’n bakleiery.
Dinsdag 14 Julie 2026
Frankie probeer inligting uit Riaan kry, terwyl Mymoena moet besluit of sy wil vuil speel en die apteek onder Ava se neus uit koop. Maar dan tref ’n ramp Ruiterbosch…
Woensdag 15 Julie 2026
Ruiterbosch probeer sin maak van die ramp in die apteek, maar Bridgette vermoed Ava en Nazeem het iets daarmee te doen gehad. Intussen word Ava en Bennie steeds vermis…
Donderdag 16 Julie 2026
Angie begin ’n nuwe werk en Nazeem se ware kleure word uiteindelik gesien. Mymoena moet ’n moeilike besluit neem oor die apteek se toekoms.
Vrydag 17 Julie 2026
Kate kyk na foto’s van haar kinders se kleintyd en iets begin haar pla. Nazeem konkel, terwyl Mike by Frankie se werksplek inmeng.
Maandag 20 Julie 2026
Riaan is bekommerd oor sy ma en vra Siya om te help. Frankie maak vrede met Mike, terwyl Kaashifa ’n versoek kry wat die Samsodien-huishouding kan ontwrig.
Dinsdag 21 Julie 2026
Dis Frankie se eerste dag as bestuurder van Oos Wes. Rhafiek vind uit dat Zahra teen sy wil Ruiterbosch toe kom, terwyl Kate wil ondersoek instel rakende Riaan…
Woensdag 22 Julie 2026
Kate is jammer oor haar besluit en Nazeem sit vir Mymoena op haar plek oor Ava. Zahra se eerste dag by Ruiterbosch Hoër verloop vlot, maar sy beland amper in die moeilikheid wanneer Lee-Ann onverwags op haar afkom.
Donderdag 23 Julie 2026
Carlo is tuis vir die vakansie, maar Lee-Ann probeer hom en Zahra van mekaar af weghou. Bridgette het ’n plan om die sentrum se huurders te paai, en Kate neem ’n besluit wat lei tot ’n enorme skok vir haar.
Vrydag 24 Julie 2026
Kate word emosioneel tydens Bybelstudie, en Zahra is nie so voorbeeldig as wat sy voorgee nie. Frankie probeer keer dat die waarheid moet uitkom na die fiasko met die eetgoed by Bridgette se huis.
Maandag 27 Julie 2026
Carlo kompeteer met Fabian vir Zahra se aandag. Kaashifa sit haar voet neer, terwyl Kate ’n plan beraam om meer sekerheid te kry.
Dinsdag 28 Julie 2026
Justin besef Frankie het gejok oor Riaan, terwyl Carlo in die wolke is wanneer Zahra instem om saam met hom uit te gaan. Intussen is Kate vasbeslote om agter die kap van die byl te kom.
Woensdag 29 Julie 2026
Riaan wil seker maak sy ma word nie ingeloop nie. Mike en Frankie se prioriteite verskil, terwyl Lee-Ann vir Rhafiek aanvat oor Zahra.
Donderdag 30 Julie 2026
Kate stamp koppe met Riaan. Gary neem ’n groot besluit en Justin gee vir Frankie nuwe perspektief.
Vrydag 31 Julie 2026
Kate hoor iets skokkend, terwyl Amanda vir Mike van Frankie se onderhoud vertel. Lee-Ann nooi Zahra vir aandete en Zoë het slegte nuus vir Gary…
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.