Menu terloops
In Kykgidse [28 Apr 2026]

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Mei 2026


Hazel is bang en desperaat en Ruan het ’n plan om Christine vas te vang. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Mei 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Maandag 4 Mei 2026

Christine het vir Hazel in haar kloue. Louis is bekommerd oor Erica en Wayne se verhouding. Kirby ontdek meer oor vorige gebeure.

Dinsdag 5 Mei 2026

Ice besef Hazel is besig met iets onwettig en konfronteer haar. Wayne flankeer met Erica op sy eie manier. Kirby soek inligting oor Tyler, maar vind net doodloopstrate.

Woensdag 6 Mei 2026

Hazel se desperaatheid dryf haar verder die afgrond in. Amber en Junior stamp lelik koppe, Kirby beland in die spervuur. Ice deel iets skokkend met Ruan.

Donderdag 7 Mei 2026

Lily en Jasmine wonder hoekom Hazel so op haar senuwees is. Almal wonder hoekom Ice bedank het. Patty en Kirby deel ’n emosionele oomblik.

Maandag 11 Mei 2026

Hazel is vreesbevange dat haar geheim oor Fabian gaan uitkom. Ruan onthul Fabian en Beeno so tronk-bedryf. Junior en Amber praat oor Kirby en maak op.

Dinsdag 12 Mei 2026

Fabian is vasgevang tussen sy lojaliteite aan Beeno en Gloria. Ruan het ’n plan om Christine vas te vang. Louis en Junior teiken ’n nuwe kliënt, teen Hazel se wense.

Woensdag 13 Mei 2026

Louis stel sy plan in werking maar alles werk nie uit soos hy beplan het nie. Ruan maak goeie vordering met sy beplande operasie. Fabian lei Diego om die bos en hy val daarvoor.

Donderdag 14 Mei 2026

’n Plan met hoë risiko’s ontvou by die blommemark terwyl Ruan en die Louws Christine se ondergang inspan. Maar een klein misverstand raak dodelik.

Maandag 18 Mei 2026

Hazel bekommer haar oor die afpersing wat steeds oor haar kop hang. Kan Ruan en Ice vir Louis red voor dit te laat is?

Dinsdag 19 Mei 2026 

Almal probeer die traumatiese bom-ervaring op hul eie manier verwerk. Hazel maak desperate pogings om die afpersing te beëindig. Gloria gee vir Ruan ’n belangrike leidraad.

Woensdag 20 Mei 2026

Ice het ’n dag vol goeie en slegte nuus. Gloria is moeg vir die slagoffer wees, en doen iets radikaal. Tyler keer terug na Gemoedsdrif om klaar te maak wat hy destyds begin het.

Donderdag 21 Mei 2026

Lily en Hazel het onweerlegbare bewyse teen Christine nodig. Ice dring aan om ’n private gesprek met Erica te hê. Lily en Ruan baklei omdat Lily belangrike inligting van hom weghou.

Maandag 25 Mei 2026

Hazel and Lily dwing vir Christine tot ’n wapenstilstand. Ice is bitter dat Erica hom finaal verwerp het. Kevin vind uit dat Adriana se huis afgebrand het.

Dinsdag 26 Mei 2026

Erica is gefrustreerd met Wayne. Ruan konfronteer Beeno en Fabian oor die bom. Jasmine wonder of haar dogters iets vir haar wegsteek.

Woensdag 27 Mei 2026

Gloria maak ’n skokkende ontdekking. Patty se ontmoeting met ’n vreemdeling maak haar onrustig. Sommige harte genees en ander staan op die punt om te breek.

Donderdag 28 Mei 2026

Tillie het ’n onverwagse besoeker. Kevin en Gloria sit kwaai vas. Zander hoor Patty iets sê wat sy nie wou uitlap nie. Lily raak bekommerd oor haar en Ruan.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers maak haar merk 

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies