Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.
Woensdag 1 Julie 2026
Christine se onthulling laat Tillie met dringende vrae oor haar kosbaarste vriendskap. Ragel se vreemde gedrag wek agterdog by Wayne.
Donderdag 2 Julie 2026
Tillie kies tussen Dirk en Jasmine. Ragel verbloem steeds haar ongemak met Wayne in haar huis. Die vasvra-aand eindig onverwags. Lily vind meer uit oor Cheryl se agtergrond.
Maandag 6 Julie 2026
Die Louws is geruk ná die vasvra-aand. Kevin en Gloria maak die moeilike besluit om aandete met Chelsea te hê, ten spyte van Erica se gevoelens.
Dinsdag 7 Julie 2026
Gemoedsdrif skeur in twee oor die Louws se geheime. Justin en Chelsea neem ’n groot besluit. Ruan kanselleer ’n afspraak met Lily om Cheryl te help.
Woensdag 8 Julie 2026
Erica probeer ’n goeie mevrou Dominee wees, ten spyte van Dirk en Christine. Jasmine is seergemaak deur die skeuring in die dorp.
Donderdag 9 Julie 2026
Jasmine trotseer die dorp om haar weergawe van gebeure te vertel. Chelsea se drome spat aan skerwe. Lily se agterdog oor Ruan en Cheryl word aangewakker.
Maandag 13 Julie 2026
Gloria deel die nuus van Justin en Sal met Erica. JP en Manny kyk mekaar in die oë oor Jasmine. Lily konfronteer Ruan oor Cheryl.
Dinsdag 14 Julie 2026
Lily wil vrede hê ten spyte daarvan dat sy die waarheid benodig. Manny en Tillie probeer hulself gerusstel met betrekking tot die mynplanne. Gemoedsdriwwers ondersteun vir Chelsea.
Woensdag 15 Julie 2026
Manny en Tillie het ’n appeltjie met Wayne te skil. Erica bring iets verdag onder Hazel se aandag. Sasha bring nuus wat vir Christine roekeloos laat optree.
Donderdag 16 Julie 2026
’n Ontstellende ontdekking op Everlasting ruk die Louws tot stilstand. Ruan word gedwing om die verlede in die oë te kyk. Lily eis antwoorde oor Ruan sy betrokkenheid by Cheryl.
Maandag 20 Julie 2026
Die Louws is gegooi wanneer Sasha Petrov daar opdaag. Almal is diep bekommerd oor Chelsea wat steeds vermis word. Ruan en Lily het ’n uitval oor Cheryl.
Dinsdag 21 Julie 2026
Gloria en Kevin probeer ’n gebroke Chelsea paai. Dirk wroeg oor die nagevolge van die myn op Everlasting. Lily loop in op ’n intieme oomblik tussen Ruan en Cheryl.
Woensdag 22 Julie 2026
Gloria en Kevin neem ’n desperate besluit om Chelsea te help. Die Louws probeer alles wat hulle kan om die mynmaatskappy te keer. Dirk raak huiwerig oor sy en Christine se planne.
Donderdag 23 Julie 2026
Erica reik uit na ’n ontstelde Chelsea. Ruan ignoreer Lily in ’n poging om te keer dat Cheryl vlug. Dirk en Christine trotseer die Louws en die hele Gemoedsdrif by ’n vergadering.
Maandag 27 Julie 2026
Die gemeenskap kies tussen die Louws en die myn. Ruan kom na vore met die hele sak patats oor hom en Cheryl. Manny het ’n ongemaklike gesprek met die Louws.
Dinsdag 28 Julie 2026
Christine versterk haar greep op Dirk. Familie en die gemeenskap verenig op Everlasting in ’n poging om hul grond te beskerm. Lily en Cheryl het ’n eerlike gesprek.
Woensdag 29 Julie 2026
Wanneer almal moed opgee, weier Jasmine om op te hou baklei. Erica vat ’n kans met Chelsea. Christine is een stap voor die Louws.
Donderdag 30 Julie 2026
Iemand onverwags daag by die blommemark op. Christine tree roekeloos op om haar myn se toekoms te verseker. Amber en Junior maak ’n skokontdekking.
Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.