Menu terloops
In Kykgidse [17 Nov 2025]

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor: Son en see’


Hier is wat jy in elke episode van die nuwe Kokkedoor-seisoen, ‘Kokkedoor: Son en see’, wat vanaf Donderdag 20 November 2025 op kykNET uitsaai, kan verwag.

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor: Son en see’

Familiespanne van twee generasies veg vir die kroon as Kokkedoor: Son en See se vakansiekos-kampioene in die nuwe seisoen van Kokkedoor

Vir die tiende seisoen van die reeks is daar ook twee nuwe beoordelaars, die gerekende koskenners Herman Lensing en Yolani Abrahams

Kokkedoor See & son
In Kokkedoor: Son & see is daar agt verskillende spanne. Foto’s: Verskaf

Donderdag 20 November 2025

Episode 1 

Sommer met die intrapslag moet die familiespanne die geure raai van die ikoniese padkos-vleispasteie.  Die huiskokke word ook uitgedaag om die familie met ‘n bord vakansiekos uit te beeld. 

Donderdag 27 November 2025

Episode 2 

Hertzoggie? Skurwejantjie? Lepelsteeltjie? Eers warm die Kokkedore geblinddoek hul bakspiere op, waarna hulle Andriette Georgiou van Mondvol moet beïndruk met kreatiewe opwip-strandkoekies. 

Donderdag 4 Desember 2025

Episode 3 

Die braaivure word aangesteek vir Kokkedoortjie-wenner Edwin Theron wat cordon bleu na ’n steakbraai toe bring. Die kokke tert vaal braaiterte op en maak vernuwende kampeerkos met flair. 

Donderdag 11 Desember 2025

Episode 4

Terwyl onweerswolke opsteek takel die Kokkedore mekaar in ’n pannekoekresies met ’n yslike tydsvoordeel. Eenpot-geregte uit die dae voor die internet laat ’n jakkals los in die hoenderhok. 

Donderdag 18 Desember 2025

Episode 5

Op Oukersaand roer ’n kinderkoortjie die hartsnare. Die Kokkedore deel egter nie almal dieselfde sentiment vir die tradisies van die Kerstafel nie, veral nie vrugtekoek en koekstruif nie. 

Donderdag 25 Desember 2025

Episode 6

Die luukse kouevleis- en slaai van die Kerstafel word omskep in gourmet-toebroodjies, Die generasiespanne wys hul ware kleure met souttert en lagieslaai en Hannes van Wyk as piekniekgas. 

Donderdag 1 Januarie 2026

Episode 7

Blikkiesvis en ’n pizza-oond kom tot die redding. Vir een span is die seekos-bord van Chef Reuben Riffel die uitdaging wat hul bootjie laat sink in die spanningsvolle semi-finale rondte. 

Donderdag 8 Januarie 2026

Episode 8 

Die familiespanne soek inspirasie in hul gunsteling partytjie-eras vir die Groot Opskop met 50 gaste in vrolike feesvere. Die beste nuwe-generasie oestafel bepaal die Goue Haan-wenspan. 


Kokkedoor: Son & see begin op Donderdag 20 November om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Dié Kokkedoor-reeks sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies