Menu terloops
In Kykgidse [23 Jun 2026]

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Julie 2026


Karla moet nuwe realiteite navigeer, en Zelda is rasend van kommer oor Frans se veiligheid. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers in Julie kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Julie 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Woensdag 1 Julie 2026                                          

Frans is bekommerd oor Zelda wat so gestres is. Karla sê iets wat vir Arno seermaak. Pam maak gereed vir haar groot daknatmaakpartytjie. 

Donderdag 2 Julie 2026            

Zelda vind uit wie haar afpers. Siseko konfronteer vir Khloe. Karla vertel vir Rossouw en Gys ’n groot geheim. 

Maandag 6 Julie 2026                                                

Zelda dink haar probleem is opgelos, maar Nella het ander planne. Karla en Arno deel ’n spesiale oomblik. Siseko raak ontslae van Khloe se skildery by ’n gesinsbraai. 

Dinsdag 7 Julie 2026                                        

Nella konfronteer vir Frans met Zelda se geheime. Karla word deur ’n harde verlies platgeslaan. Pam en Abongile maak vrede.

Woensdag 8 Julie 2026                                                  

Karla deel slegte nuus met Rossouw en Gys. Tommie daag uit die bloute op. Nella deel woorde met ’n woedende Zelda. 

Donderdag 9 Julie 2026                      

Zelda kan nie langer die spanning hanteer nie. Karla kry onverwagse hulp. ’n Familielid van Theresa kom kuier. 

Maandag 13 Julie 2026                                          

Zelda jok vir Pam oor Cloete. Juvan sukkel om goeie personeel te kry. Karla probeer om aan te beweeg ná haar verlies. 

Dinsdag 14 Julie 2026                                          

Nella oortuig vir Frans om saam met haar en Abel na die plaas in die Vrystaat te gaan. Gys is suur as hy Swarts & Swarts se suksesvolle video sien.

Woensdag 15 Julie 2026                          

Die broers vra Gys vir hulp. Zelda konfronteer Cloete oor die ongeluk. Nina vertel Hanneli oor die nuwe meisie in Boskruin. 

Donderdag 16 Julie 2026                            

Zelda sit met die nagevolge van Frans se ongeluk. Spanning loop hoog tussen Gys en Jacques. Juvan beplan ’n herbekendstelling van Bianca’s.

Maandag 20 Julie 2026                                    

Die spanning tussen die afrigters bereik nuwe hoogtes. Tommie word onder druk geplaas. 

Dinsdag 21 Julie 2026                      

Zelda se lewe word moeilik gemaak. Die swemmers staan teen die afrigters op. Tommie is in ‘n knyptang. 

Woensdag 22 Julie 2026                        

Die spanne maak gereed om na Glasgow te vertrek. Bianca’s maak gereed vir makietie. Zelda is bekommerd oor Frans se veiligheid. 

Donderdag 23 Julie 2026            

Zelda smeek Frans om wakker te word. Juvan konfronteer vir Tommie omdat hy Bianca’s se openingsaand bederf het. 

Maandag 27 Julie 2026                                

Zelda betrap Cloete in Frans se kamer. Theresa kry ’n aangename verassing. Juvan is bekommerd oor Bianca’s, hy hoop die launch was ’n sukses. 

Dinsdag 28 Julie 2026                  

Zelda en Pam beraam ’n plan om vir Cloete dop te hou. Theresa se impulsiewe trouplanne raak al hoe meer chaoties. 

Woensdag 29 Julie 2026                        

Zelda deel slegte nuus met Frans. Die geveg vir Theresa se trouplanne duur voort. 

Donderdag 30 Julie 2026              

Zelda bly bekommerd oor Cloete. Sanet steek Juvan in die rug. Almal kom bymekaar om Nina en Karla se finaal te kyk.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies