Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.
Donderdag 1 Januarie 2026
Gys se gesondheid begin agteruit gaan. Schalk stig sy eie handelsmerk om met HeelAtleet te kompeteer. Henry is verras deur die terugvoer oor sy sous.
Maandag 5 Januarie 2026
Gys en Joanna se nuwe ontwikkeling ontstel Pam. Karla wil hê Arno moet gaan vir toetse. Aunty G kry die geleentheid van ’n leeftyd.
Dinsdag 6 Januarie 2026
Sanet is gegooi ná sy ’n reuse-geskenk ontvang. Schalk en Leandri baklei oor die familie se toekoms. Gys se vrae oor haar man bring ’n ontstellende herinnering by Joanne op.
Woensdag 7 Januarie 2026
Henry help vir Juvan. Leandri begin HeelAtleet bemark, Schalk herinner Marco dat hulle beter af is. Pam is nuuskierig oor Joanna se man se dood.
Donderdag 8 Januarie 2026
Gys en Joanna maak hul besigheid amptelik. Leandri reik na Marco uit. HeelAtleet kry baie goeie terugvoer op Tussen Kos en Siel. Lettie droom van ’n oorsese reis na Rome.
Maandag 12 Januarie 2026
Sanet deel goeie nuus met Lettie. Leandri maak ’n opwindende ooreenkoms namens HeelAtleet. Joanna is besig met iets onheilspellends.

Dinsdag 13 Januarie 2026
Felicity deel skokkende nuus met Charity en Arno. Leandri is vasberade om die laaste tyd sonder Schalk te geniet. Joanna maak ’n aanbod aan Gys.
Woensdag 14 Januarie 2026
Pam glo Joanna sit agter Gys se siekte. Leandri is senuweeagtig oor die groot dag. Henry en Juvan het hulp nodig met die souse.
Donderdag 15 Januarie 2026
Sam daag by die Swartmarlyne op. Nina en Karla wonder hoe kom hy met Jacques wil praat. Sanet vertrek Amerika toe.
Maandag 19 Januarie 2026
Gys kondig aan dat hy saam met Joanna weggaan, wat Pam bekommerd maak. Jacques verwelkom Sam by Swarts en Swarts. Karla waarsku Hanneli om nie te hard vir Sam te val nie.
Dinsdag 20 Januarie 2026
Joanna stel ’n bosuitstappie aan Gys voor. Hanneli leer Sam beter ken. Henry en Juvan maak ’n groot fout.
Woensdag 21 Januarie 2026
Henry voel soos ’n mislukking. Marco daag vir Sam uit. Gys se lewe is in gevaar. Zelda en Pam probeer hom opspoor.
Donderdag 22 Januarie 2026
Die broers is geskok deur Joanna se slinkse planne. Henry ontvang ’n onverwagse besoeker. Sam en Hanneli het die perfekte dag.
Maandag 26 Januarie 2026
Gys vind uit dat Zelda sy reddingsmissie gestuur het. Marco en Sam stamp koppe. Henry voel ellendig oor ’n besluit oor die sous.
Dinsdag 27 Januarie 2026
Gys bedank vir Zelda vir die moeite wat sy gedoen het. Schalk is ongelukkig wanneer hy Hanneli en Sam saam sien. Die spanning tussen Marco en Sam neem toe.
Woensdag 28 Januarie 2026
Marco dreig vir Sam. Aunty G het nuus vir Lettie en Henry. Die oorlog tussen Leandri en Schalk begin nou eers.
Donderdag 29 Januarie 2026
Schalk manipuleer Marco om teen Sam op te tree. Juvan vra Gys vir ’n guns. Sanet neem ’n onverwagse besluit.
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.