Menu terloops
In Kykgidse [29 Okt 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025


Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes… Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Maandag 3 November

Arno stel ‘as jy nie wil nie, hoor nie, moet jy voel’-behandeling teenoor Sanet voor. Hanneli is bekommerd oor Danie. Pam moedig Frans aan om weer te probeer.

Dinsdag 4 November

Sanet droom oor Wim. Gys tel op dat Zelda in ’n slegte bui is. Danie neem stappe om meer spiere te bou ná die gala.

Woensdag 5 November

Sanet maak ’n besluit vir haar toekoms. Theresa is bekommerd oor die aanvullings wat Danie gebruik. Juvan kry ’n werk.

Donderdag 6 November

Sanet keer terug na Skinvestment Linden. Lettie en Henry sien uit om pleegouers te kan word. Schalk en Leandri hou aan om vir Danie te druk.

Maandag 10 November

Anja en Josh verlaat Boskruin. Danie raak gevaarlik obsessief oor sy vordering. Henry konfronteer vir Alice.

Dinsdag 11 November

Aunty G ontmoet ’n vriendelike vreemdeling in die park. Danie sluit Hanneli heeltemal uit. Arno smelt Karla se hart met ’n onverwags voorstel.

Woensdag 12 November

Danie sukkel om by te hou met oefening. Alice wurm haar in by Ginevra. Karla en Arno se gewoontes begin krap aan hulle verhouding.

Donderdag 13 November          

Alice se teenwoordigheid in Boskruin veroorsaak probleme. Daar is spanning tussen Karla en Arno. Danie is bekommerd oor sy hoë hartklop ná ’n intense oefensessie.

Maandag 17 November

Lettie is bekommerd oor Henry. Karla besef haar wittebroodfase is verby. Theresa se kommer oor Danie groei.

Dinsdag 18 November

Lettie, Henry en Aunty G soek na Alice. Arno en Karla sit vas oor onbenulligheid. Gys voel eensaam.

Woensdag 19 November

Dinge bly gespanne tussen Arno en Karla. Nina en Karla verras vir Hanneli. Alice besef Penny se lewe is in gevaar.

Donderdag 20 November

Lettie is woedend vir Henry. Karla stel Gys teleur. Danie doen alles om Marco te wen, met gevaarlike gevolge.

Maandag 24 November

Almal wag vir Danie om wakker te word. Ginevra voel skuldig oor wat met Penny gebeur het. Zelda hoor dat Sanet die Linden-tak besit.

Dinsdag 25 November

Karla is ywerig om ’n moontlike borg te beïndruk. Leandri is geraak deur Danie se toestand. Lettie voel oorweldig.

Woensdag 26 November

Gys spits sy fokus op ’n nuwe uitdaging. Karla het ’n verrassing vir Arno. Schalk en Danie vaar in mekaar in.

Donderdag 27 November

Gys het ’n idee om stemme te werf vir die voorsitterposisie. Danie se video plaas hom in die kollig. Leandri en Schalk sit vas.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies