Menu terloops
In Kykgidse [26 Mei 2026]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Junie 2026


Amperse katastrofe tref Zelda en Karla ontvang ontstellende nuus. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Junie 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Maandag 1 Junie 2026

Leandri konfronteer vir Marco en René. Gys kry ’n blink idee. Rossouw kry ’n onverwagte besoeker.

Dinsdag 2 Junie 2026

Leandri doen iets buitengewoon om Marco en René uit mekaar te dryf. Alisa smeek Rossouw dat sy by hom kan bly tot sy reis reëlings kon tref.

Woensdag 3 Junie 2026

Zelda moedig Frans aan om ja te sê vir ’n opwindende nuwe geleentheid. Leandri hoop om met Marco te versoen. René kry ’n besoeker. Rossouw se gas maak sy lewe moeilik.

Donderdag 4 Junie 2026

Rossouw en Leandri verstaan mekaar verkeerd en Alisa maak dit alles erger. Zelda word gekonfronteer met Gys se ware agenda.

Maandag 8 Junie 2026

Leandri verras vir Marco en René. Pam vat Gys aan oor wat hy aan Zelda doen. Alisa het kommerwekkende nuus vir Rossouw.

Dinsdag 9 Junie 2026

Rossouw vertel ’n leuen wat net erger raak. Gys gee Karla nuwe hoop. Zelda lees Gys die leviete voor oor sy inmengery.

Woensdag 10 Junie 2026

Pam sien uit na haar eerste onthaal. Leandri wonder of sy te hard op Rossouw was. Arno sien nie uit na Karla se dieet nie.

Donderdag 11 Junie 2026

Leandri en Rossouw se verhouding ontwikkel verder. Zelda en Frans neem ’n groot stap in hul verhouding. Marco oortuig vir René om saam met hom en die jong klomp uit te gaan.

Maandag 15 Junie 2026

Marco is ontsteld dat die jonges René ongemaklik gemaak het. Pam is gepla deur Jacques se kommentaar oor die huis se mure. ’n Onaangename verassing wag vir Leandri in Rossouw se huis. 

Dinsdag 16 Junie 2026 

Rossouw moet Leandri help in ’n gevaarlike situasie. Karla ontvang goeie nuus. Marco vind uit wat sy familie van René dink. 

Woensdag 17 Junie 2026

Zelda ontdek iets vreemd op haar kar. Karla raak onverwags siek. Leandri, Rossouw en Alisa hanteer die nagevolge van ’n gevaarlike situasie.

Donderdag 18 Junie 2026

Amperse katastrofe tref Zelda. Kara se simptome bereik breekpunt. Iemand kom neem foto’s van Pam en Siseko.

Maandag 22 Junie 2026

Zelda wonder wie vir haar boodskappe stuur. Leandri sit haar voet neer. Karla ontvang ontstellende nuus. 

Dinsdag 23 Junie 2026

Zelda is ontsteld wanneer die geheime persoon haar weereens tart. Karla en Arno wag vir die uitslag van sy Huntington toets. Marco is woedend vir Leandri. 

Woensdag 24 Junie 2026

Daar is ’n inbraak by Skinvestment. Gys is bekommerd oor Karla wat heeltyd badkamer toe hardloop.

Donderdag 25 Junie 2026

Cloete dwing iemand om die waarheid te praat. Pam en Siseko kry onverwags ’n besoeker. Karla moet op sosiale media verskyn al voel sy nog siek.

Maandag 29 Junie 2026

Karla deel groot nuus met Nina. Zelda ontdek iets ontstellend in Frans se woonstel.

Dinsdag 30 Junie 2026

Cloete maak ’n skokkende ontdekking wat Zelda breek. Karla val flou by die swembad. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies