Menu terloops
In Gons [20 Jun 2025]

‘Ek’s mal oor hom!’ Jandré le Roux vertel oor sy ‘Skemergrond’-karakter


Jandré le Roux, bekend vir sy rolle in die romkom ‘Gebokste Liefde’ en Netflix se ‘Ludik’ maak volgende week sy opwagting in ‘Skemergrond’. En daar is beslis een karakter wat nie gaande oor sy verskyning is nie…

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

‘Ek’s mal oor hom!’ Jandré le Roux vertel oor sy ‘Skemergrond’-karakter

In Skemergrond vertolk Jandré le Roux die karakter van Genie Matthews, ’n charismatiese vermaaklikheidskunstenaar wat lank op skepe gewerk het. Sy onverwagte verskyning, het almal behoorlik op hol en dit is nie lank nie of sy sjarmante persoonlikheid doen sy ding.

Wie is Genie?

Genie is ’n ou wat maklik met mense oor die weg kom en wat beskermend teenoor sy vriende optree, veral Lily (Hildegardt Whites) en Amber Louw (Talia Davis), wat hy op die skepe ontmoet het.

Jandré beskryf Genie as “vriendelik, sjarmant, behulpsaam en vermaaklik” en sê dat sy benadering tot die karakter grootliks gegrond is op die idee om pret te hê met die rol, terwyl hy steeds ’n oortuigende vertolking lewer.

“Ek en Genie is dieselfde in terme van ons slag met mense. Ons kan met enigiemand ’n verhouding bou, en ons het albei ’n tipe sjarme. Ons hou daarvan om in ’n redelike goeie fisieke toestand te wees, speel albei kitaar en sing en skryf so nou en dan ’n liedjie,” sê hy.

En hoe verskil Jandré van Genie? “Ek dink Genie is so bietjie meer arrogant as Jandré.” 

Hildegardt Whites as Lily en Jandré le Roux as Genie in Skemergrond.
Hildegardt Whites as Lily en Jandré le Roux as Genie in Skemergrond. Foto: Verskaf

‘Ek’s mal oor hom’

Maar hy hou van Genie. “Ek’s mal oor hom en het dit ook al baie vir van die ander akteurs gesê. Genie is een van die lekkerste karakters wat ek nog gespeel het. Hy ‘sit’ net lekker by my, en op ’n manier connect ek met hom en verstaan hom. Ek kan regtig pret met dié karakter hê,” sê hy. 

Die uitdagendste deel van dié rol vir Jandré is om dit so eg as moontlik te vertolk. “Ek moes myself vertrou dat ek genoeg gegee het om aan die karakter reg te laat geskied en hom lewe te gee op die manier wat ek, die skrywers, vervaardigers en regisseurs hom voorgestel het. Dit was ook moeilik om in karakter te bly en myself nie te vergaap aan my medespelers se absolute puik toneelspel nie. Almal gee hul uiterste bes en is ongelooflik.”

Jandré maak op Dinsdag, 24 Junie 2025, sy eerste buiging in Skemergrond. Die spanning loop dan omtrent hoog wanneer Ruan (Dann-Jaques Mouton) vir Genie ontmoet.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies