Menu terloops

Indian Matchmaking S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 10 Aug 2022]


Die tweede seisoen van die TV-fenomeen, ‘Indian Matchmaking’, is nou ook op Netflix beskikbaar om te stroom.

Indian Matchmaking S1-2
Kyk lokprent

Mumbai se voorste matchmaker, Sima Taparia, keer terug vir ’n tweede seisoen van een van die grootste TV-treffers van 2020, Indian Matchmaking.

In die tweede seisoen van dié wêreldwye TV-fenomeen, help Sima nog kliënte met hul soeke na liefde. En dis nie maklik nie. Die mense het fiemies en wenslyse wat wissel van “man-buns” en ’n “ovo-lakto-semi-vegetariese” dieet. 

Terwyl sommige resensente dit as net die regte dosis soetsappig en cute beskou het – dit is immers vrygestel tydens die hoogtepunt van die pandemie in 2020 met miljarde mense wat tuis moes toevlug vind – is dit weer deur ander gekritiseer vir hoe dit die diskriminerende kaste-stelsel in Indië normaliseer.

Synde Indian Matchmaking een van Netflix se suksesvolste reekse nog is, is dit ’n gulde geleentheid vir leersame en konstruktiewe gesprekke. Hopelik is dié kritiek dus ter harte geneem. 

Vanaf 10 Augustus op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies