Menu terloops

Indian Matchmaking S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 10 Aug 2022]


Die tweede seisoen van die TV-fenomeen, ‘Indian Matchmaking’, is nou ook op Netflix beskikbaar om te stroom.

Indian Matchmaking S1-2
Kyk lokprent

Mumbai se voorste matchmaker, Sima Taparia, keer terug vir ’n tweede seisoen van een van die grootste TV-treffers van 2020, Indian Matchmaking.

In die tweede seisoen van dié wêreldwye TV-fenomeen, help Sima nog kliënte met hul soeke na liefde. En dis nie maklik nie. Die mense het fiemies en wenslyse wat wissel van “man-buns” en ’n “ovo-lakto-semi-vegetariese” dieet. 

Terwyl sommige resensente dit as net die regte dosis soetsappig en cute beskou het – dit is immers vrygestel tydens die hoogtepunt van die pandemie in 2020 met miljarde mense wat tuis moes toevlug vind – is dit weer deur ander gekritiseer vir hoe dit die diskriminerende kaste-stelsel in Indië normaliseer.

Synde Indian Matchmaking een van Netflix se suksesvolste reekse nog is, is dit ’n gulde geleentheid vir leersame en konstruktiewe gesprekke. Hopelik is dié kritiek dus ter harte geneem. 

Vanaf 10 Augustus op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies