Menu terloops
In Recaps & Resensies [31 Jan 2023]

In ‘This England’ is Boris – en Britse politiek – onder die vergrootglas


‘This England’ is veel meer as net ’n portretstudie van die voormalige Britse eerste minister, Boris Johnson, skryf André-Pierre du Plessis.

Deur André-Pierre du Plessis

Kyk nou

In ‘This England’ is Boris – en Britse politiek – onder die vergrootglas
Kyk lokprent

Tot onlangs toe was Britse politiek maar bra vervelig. Toe gebeur Brexit. Skielik is die klein eiland wat eens op ’n tyd die wêreld verower het, besig om vir sy eie bestaansreg te veg. Neem die politici wat teen die agtergrond ’n geleentheid sien om met mense se koppe te smokkel en voeg die pandemie by – die perfekte bestanddele om (uiteindelik) Westminster en Nommer Tien ’n bietjie meer interessant te laat lyk.

‘Te vinnig, te veel’?

Dít is die agtergrond vir This England wat nou op Showmax beskikbaar is. Kenneth Branagh vertolk Boris Johnson op ’n manier wat jy die akteur nie sal herken nie. Hy maak Boris besonders goed na terwyl hy hom ook totaal en al soos ’n karikatuur van Britse populisme kan laat lyk.

Die minireeks voel onheilspellend omdat dit die gedramatiseerde persoonlike lewe van Boris met regte dokumentêre beeldmateriaal van Covid-19 kombineer. Terwyl Boris en sy nuwe vrou uitspan op vakansie, sien jy hoe China onvoorbereid is op nuwe Covid-gevalle.

Die ontstuimige eerste dae van die pandemie verleen ook ’n tipe dryfkrag aan die reeks. Daarsonder sou This England eintlik maar net ’n vervelige portretstudie van Boris gewees het.

Die reeks het gemengde kommentaar in Engeland ontlok omdat die Britte nie gaande daaroor is om te erken dat hul politieke speelruimte reeds chaoties was lank voor Liz Truss se kortstondige bewind as eerste minister. Boris is boonop steeds verbasend gewild onder die Engelse en met dié dat karakters wat in This England opduik steeds in die regering is (insluitend die huidige eerste minister Rishi Sunak) voel die storie ’n bietjie “too early,” aldus The Guardian.

Branagh as Boris

Ophelia Lovibond vertolk die rol van Boris se vrou Carrie Symonds, met Andrew Buchan as ’n minder oortuigende Matt Hancock en Simon Paisley Day met puik spel as die irriterende, slaan-my-gesig Dominic Cummings.

Branagh het betrokke geraak by die reeks juis omdat dit “soos ’n boekstawing van ons nasie in ’n oomblik van krisis is.”

Oor sy uitbeelding van Boris meen hy dit hang alles van die kyker af.

“Dit maak nie saak wat ek met die karakter doen nie, want mense wat Boris Johnson liefhet of haat, sal waarskynlik vind dat ons vertolking presies ooreenstem met dit wat hulle oor hom voel. Vir sommige sal dit hom verheerlik; vir ander sal dit hom belaster. Hulle sal sien wat hulle wil sien.”

Dis presies wat Branagh se vertolking so uniek maak. Een persoon se interpretasie van hoe Boris uitgebeeld word in This England, kan hemelsbreed verskil van ’n ander, gemeet aan die Britse media se lof van Branagh wat hom beskryf as iemand wat Boris beide slim én dom laat lyk.

‘The personal is political’

In ’n poging om ’n gebalanseerde siening van die gebeure rondom Boris se verkiesing te kry – en hoe hy uiteindelik die pandemie hanteer het – het Branagh staatgemaak op die kompleksiteit wat in elke Brit se persoonlike lewe in 2020 afgespeel het.

Deur homself voor te stel hoe Boris met sy kinders sou gesels tydens Kersfees, of te midde van die ergste oomblik in die pandemie, laat dit die kyker besef This England handel nie net oor sy pogings om politieke foute te voorkom nie. Die reeks is eerder ook ’n eerste fiktiewe poging om Boris se komplekse familielewe te verduidelik.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies