Menu terloops

Heels S1

Op DStv [Gepubliseer op 17 Mar 2022]


Die TV-netwerk Starz, bekend vir die gewilde ‘Outlander’, het met ‘Heels’ sekerlik nog ’n reuse-treffer beet.

Kyk nou

Heels S1
Kyk lokprent

Ons ontmoet Arrow se Stephen Amell as Jack Spade, ’n sogenaamde heel in die plaaslike stoeiliga in Duffy, Georgia. ’n Heel is stoeitaal wat na die “skurk” in die kryt verwys. Sy jonger broer, Ace (Alexander Ludwig), is weer ’n face – die held. 

Dié tweestryd speel binne en buite die stoeikryt af. Die broers kry ook stry oor hul oorlede pa se nalatenskap. As die hoof van die plaaslike stoeiliga, het King Spade destyds saam met sy vyand in die ring – Wild Bill Hancock – week ná week skares gelok. Maar daai gloriedae is lank reeds verby. Met Jack aan die stuur, is kaartjieverkope karig en hy sukkel om sy gesin te onderhou.  

Talle kritici vergelyk ook Heels met die voetbal-drama Friday Night Lights  met Common Sense Media se resensie wat lui: “Die hart is eg in hierdie sport-in-’n-kleindorpie-sage wat aan blywende gunstelinge soos Friday Night Lights herinner.”

Heels is reeds vir ’n tweede seisoen hernu en beide Amell en Ludwig word wyd vir hul spel geloof. 

Vanaf Donderdag, 17 Maart om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies