Menu terloops

Heels S1

Op DStv [Gepubliseer op 17 Mar 2022]


Die TV-netwerk Starz, bekend vir die gewilde ‘Outlander’, het met ‘Heels’ sekerlik nog ’n reuse-treffer beet.

Kyk nou

Heels S1
Kyk lokprent

Ons ontmoet Arrow se Stephen Amell as Jack Spade, ’n sogenaamde heel in die plaaslike stoeiliga in Duffy, Georgia. ’n Heel is stoeitaal wat na die “skurk” in die kryt verwys. Sy jonger broer, Ace (Alexander Ludwig), is weer ’n face – die held. 

Dié tweestryd speel binne en buite die stoeikryt af. Die broers kry ook stry oor hul oorlede pa se nalatenskap. As die hoof van die plaaslike stoeiliga, het King Spade destyds saam met sy vyand in die ring – Wild Bill Hancock – week ná week skares gelok. Maar daai gloriedae is lank reeds verby. Met Jack aan die stuur, is kaartjieverkope karig en hy sukkel om sy gesin te onderhou.  

Talle kritici vergelyk ook Heels met die voetbal-drama Friday Night Lights  met Common Sense Media se resensie wat lui: “Die hart is eg in hierdie sport-in-’n-kleindorpie-sage wat aan blywende gunstelinge soos Friday Night Lights herinner.”

Heels is reeds vir ’n tweede seisoen hernu en beide Amell en Ludwig word wyd vir hul spel geloof. 

Vanaf Donderdag, 17 Maart om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies