Menu terloops

Halo

Op Showmax [Gepubliseer op 25 Mar 2022]


Die lang verwagte TV-weergawe van die eerstepersoon-videospeletjie, ‘Halo’, is nou op Showmax.

Kyk nou

Halo
Kyk lokprent

Hoewel jy dalk (lees: definitief) gaan sukkel om kop of stert van die TV-weergawe van Halo uit te maak as jy nie met die speletjie vertroud is nie, is daar wel ook verskille tussen die twee uittogte. Die belangrikste hiervan: die TV-weergawe het sy eie tydlyn. Dit staan dus los van die oorspronklike speletjie en al dié se suksesvolle spin-offs. So, hou moed! As dit jou eerste bekendstelling aan Master Chief en sy soldaatbende is, sal kophou – en uithou – wél vrugte werp.

Op die planeet Madrigal, ’n woestynwêreld in die grootse ruim, veg mense vir onafhanklikheid van die Aarde en die regerende United Nations Space Command (UNSC). Maar dan word die planeet en sy rebelle deur ’n uitheemse mag bekend as die Covenant binnegeval. Die UNSC se supersoldate, die Spartans, daag té laat op. Hoof van die Spartans, Master Chief, en sy troepe wis wel die drie meter lange moordende monsters uit… Maar nie vinnig genoeg nie. Daar is slegs een oorlewende: ’n tienermeisie, Kwan Ha (vertolk deur die 21-jarige Yerin Ha). Sy word egter gevangene geneem, pas nadat sy almal en alles verloor het.

Halo het ’n louwarm punt van 70% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, maar die konsensus is nietemin hoopvol oor dié vertelling se toekoms.

Op Showmax vanaf 25 Maart 2022.

Lees André-Pierre du Plessis se resensie hier.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
As jy hou van tranetrekkers
13

Wat om te kyk: Die beste tranetrekkers om jou hart te ontdooi

Romanse? Check. Voorspelbaarheid (en tog ook nie). Check. Tranetrekkers? Check.

Meer
Sien alle opsies