Menu terloops

Grand Crew S1

Op Showmax [Gepubliseer op 9 Mar 2022]


‘Grand Crew’, nou op Showmax, is ’n nuwe komedie uit die pen van Phil Augusta Jackson, bekend vir sy werk op die bekroonde reeks, ‘Insecure’.

Kyk nou

Grand Crew S1
Kyk lokprent

Met ’n glas wyn in die hand, los Grand Crew se vriendekring mekaar se probleme een vir een op.

Phil Augusta Jackson (Brooklyn Nine-Nine, Insecure) se nuwe TV-reeks, Grand Crew, volg ’n groep Swart jong volwassenes wat by hul gunsteling-kroeg bymekaarkom. Daar deel hulle mekaar se op- en afdraandes van die lewe en liefde in Los Angeles. Ja, dis baie Cheers-esque, en, soos met Cheers, is dit maklik om van die lieflike rolverdeling te hou. Sommer gou-gou word jy by die “drama-van-die-dag” meegesleur.

Die driedubbele Emmy-benoemde Nicole Byer (A Black Lady Sketch Show) en Echo Kellum is onmiddellikke gunstelinge. 

Soos The Mary Sue sê, “Dié whip-smart komedie is een van die beste nuwe sitkoms op televisie… Tydens die pandemie het baie kykers na hul gunsteling-troosprogramme, soos The Office en Friends, teruggekeer. Grand Crew is ’n welkome nuwe toetrede tot dié genre, en is hopelik op pad om ’n nuwe classic te word. So sit terug, kry ’n glas wyn, en ontmoet jou nuwe vriende.”

Binge vanaf 9 Maart op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies