Menu terloops

Ginny & Georgia S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 5 Jan 2023]


Die gewilde ma-dogter-drama ‘Ginny & Georgia’ se tweede seisoen sien hoe nuwe verhoudings en uitdagings op Ginny en Georgia se pad kom. Dis nou ook midde geraamtes in die kas wat dreig om die hele appelkar om te dolwe…

Ginny & Georgia S1-2
Kyk lokprent

In die eerste seisoen van Ginny & Georgia ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was…

Met die aanvang van die tweede seisoen weet sy nie meer mooi hoe, wat of waar nie. Trouens, hoe leef jy met die wete dat jou ’n moordenaar is? Ginny weet nou dat haar stiefpa, Kenny, nie aan natuurlike oorsake gesterf het nie, en – dalk meer belangrik – dat Georgia hom vermoor het om haar te beskerm. Terwyl haar ma eerder net daarvan wil vergeet (sy het immers ’n troue om te beplan!), sukkel Ginny om dié nuus te verwerk.

Die tweede seisoen stroom vanaf 5 Januarie op Netflix met die eerste seisoen wat reeds beskikbaar is.

Soortgelyk: 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies