Menu terloops

Gen V S1

Op Ander [Gepubliseer op 29 Sep 2023]


As jy gehou het van die woeste, wilde, aksiebelaaide ‘The Boys’, is ‘Gen V’ ook so reg in jou kraal met rowwe en grusame, tog met donker humor.

Gen V S1
Kyk lokprent

Gen V is ’n spin-off van die bloedbedrupte The Boys. Dit speel dus in dieselfde – vreeslik rowwe en grusame, tog met hope (super)donker humor – wêreld af. 

Hier is die fokus egter op die studente wat aan die eksklusiewe Godolkin-universiteit studeer hoe om superheroes te wees.

Buiten die gewone chaos en kampuspartytjies is daar ook baie plofbare (letterlik) aksie soos die jonge supes A’s en gewildheid nastreef. Maar dan vind ’n klomp van hulle van iets groot en boos by die universiteit uit. Dit beproef hul helde-harte tot die uiterste.  


Kyk vanaf 29 September 2023 op Prime Video. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies