Menu terloops

Gen V S1

Op Ander [Gepubliseer op 29 Sep 2023]


As jy gehou het van die woeste, wilde, aksiebelaaide ‘The Boys’, is ‘Gen V’ ook so reg in jou kraal met rowwe en grusame, tog met donker humor.

Gen V S1
Kyk lokprent

Gen V is ’n spin-off van die bloedbedrupte The Boys. Dit speel dus in dieselfde – vreeslik rowwe en grusame, tog met hope (super)donker humor – wêreld af. 

Hier is die fokus egter op die studente wat aan die eksklusiewe Godolkin-universiteit studeer hoe om superheroes te wees.

Buiten die gewone chaos en kampuspartytjies is daar ook baie plofbare (letterlik) aksie soos die jonge supes A’s en gewildheid nastreef. Maar dan vind ’n klomp van hulle van iets groot en boos by die universiteit uit. Dit beproef hul helde-harte tot die uiterste.  


Kyk vanaf 29 September 2023 op Prime Video. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies