Die kykNET mockumentary-komedie G.I.L speel af by die Grobbies “Internasionale”-lughawe. ’n Internasionale lughawe in die middel van, letterlik, nêrens. Dis hier waar die (oor)ywerige go-getter Barry Wiese dink sy drome word bewaarheid as hy as die bestuurder van ’n…minder voortreflike span aangestel word.
G.I.L se rolverdeling sluit in skrywer-regisseur Bennie Fourie (Hotel) as Barry, Ashley de Lange (Kanarie) as Rietjie, Frank Opperman (Dominee Tienie) as Kreef, en Ruan Wessels (Ekstra Medium) as Tips. Kyk dit nou op Showmax.