Menu terloops
In Sepies [17 Des 2025]

Foto’s: Spesiale Kersfees-episode op ‘Diepe Waters’ gaan harte roer


Ná al die dag se feesvieringe, kan sepiekykers ook uitsien na ’n baie spesiale episode van ‘Diepe Waters’ op Kersdag. 

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Foto’s: Spesiale Kersfees-episode op ‘Diepe Waters’ gaan harte roer

Kykers van Diepe Waters word genooi om op Donderdag 25 Desember saam met die Boskruin-gemeenskap Kersfees te vier in ’n spesiale Kersfees-episode. In dié episode word ’n intieme Kerskonsert in Gys (Justin Strydom) se tuin gehou, met verskeie geliefde karakters wat hul sangtalente ten toon stel – só ook die Afrikaanse sanger en akteur Bobby van Jaarsveld. 

Diepe Waters Kersfees
Al die inwoners van Boskruin saam op Kersdag. Foto’s: Verskaf

Sing saam

Die konsert word geopen met Rossouw (Altus Theart) se weergawe van “Lofsing die Heer”. Soos die son sak en die liggies begin skitter, bring Pam (Tracey-Lee Oliver) warmte en feestelikheid met Vanessa Williams se weergawe van “Hark the Herald Angels Sing”. Daarna raak Lettie (Stephanie Baartman) en Henry (Stiaan Bruwer) aan die hartsnare met “Ave Maria”.

Diepe Waters Kersfees
Rossouw (Altus Theart) het “Lofsing die Heer” opgevoer.
Diepe Waters Kersfees
Pam (Tracey-Lee Oliver) het met Vanessa Williams se weergawe van “Hark the Herald Angels Sing” bekoor.
Diepe Waters Kersfees
Lettie (Stephanie Baartman) en Henry (Stiaan Bruwer) roer die hartsnare met “Ave Maria”.
Diepe Waters Kersfees
Stephanie Baartman vertel dit was vir haar besonders om “Ave Maria” te sing.

Stephanie sê oor dié duet: “Dit is in die eerste plek altyd besonders om saam met Stiaan te sing, omdat ons mekaar op persoonlike en musikale vlak een honderd persent verstaan. Tweedens is die lied beslis vir my spesiaal, omdat dit direk tot Maria, Jesus se Moeder, spreek. Sy is ’n sentrale figuur in die hele Kersverhaal wat soms oorgesien word, so ek is dankbaar dat ons die eer aan haar kon bring met hierdie lied.”

Min kykers weet dat Karla (Daniélle Swanepoel) en Arno (Jean Henry) ook kan sing – en hul vertolking van “In die velde dig by Bethlehem” verras en bekoor.

Diepe Waters Kersfees
Daniélle Swanepoel as Karla en Jean Henry as Arno.
Diepe Waters Kersfees
Selfs dié twee liefdesduifies het gesing!

Spesiale gas

Die hoogtepunt van die aand volg wanneer Bobby van Jaarsveld ’n besondere weergawe van “Stille Nag” sing, gevolg deur “Kyk hoe glinster die maan”.

Diepe Waters Kersfees
Bobby van Jaarsveld was die spesiale gas.
Diepe Waters Kersfees
Bobby van Jaarsveld het twee liedjies gesing.

Oor “Stille Nag” sê Bobby: “Dis asof jou menswees net stil raak sodra jy die lied hoor… Ja, uit respek uit, maar ook uit ’n plek van herinnering. Dis iets wat jy onthou wat jou altyd sal terugvat na ’n spesiale tyd saam jou geliefdes.”

En dan…

Maar soos dit Diepe Waters betaam, hou die aand ook ’n onverwagse reünie in… sonder om te veel te verklap!

Charlotte Butler as Aunty G.
Reze-Tiana Wessels as Nina.
Diepe Waters Kersfees
Christiaan Ackermann as Juvan.
Nadia Valvekens as Sanet.
Deon Coetzee as Frans en Sandi Schultz as Zelda

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar. Kyk ook S1-3 van Diepe Waters op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies