Menu terloops

East New York S1

Op Showmax [Gepubliseer op 20 Feb 2023]


Die aktrise Amanda Warren vertolk die rol van ’n polisiekaptein wat pas bevorder is en ’n huiwerige span van haar waardigheid as leier moet oortuig in ‘East New York’.

East New York S1
Kyk lokprent

East New York volg die onlangs bevorderde polisiekaptein, Regina Haywood, wat ’n diverse groep beamptes en speurders moet lei. Maar daar is diegene wat aanvanklik huiwerig is om haar “kreatiewe” metodes van dienslewering en beskerming te ontplooi…

Amanda Warren (NCIS: New Orleans) vertolk die rol van Haywood, met onder andere Jimmy Smits, ’n veteraan van TV-polisiereekse soos NYPD Blue, Ruben Santiago-Hudson (Castle), Kevin Rankin (Breaking Bad) en Elizabeth Rodriguez (Orange is the New Black) ook in die rolverdeling. 

East New York het ’n punt van 88% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met Variety wat meen dié reeks “slaan ’n nuwe koers vir polisiedramas” op televisie in. 

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 20 Februarie, op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies