Menu terloops

East New York S1

Op Showmax [Gepubliseer op 20 Feb 2023]


Die aktrise Amanda Warren vertolk die rol van ’n polisiekaptein wat pas bevorder is en ’n huiwerige span van haar waardigheid as leier moet oortuig in ‘East New York’.

East New York S1
Kyk lokprent

East New York volg die onlangs bevorderde polisiekaptein, Regina Haywood, wat ’n diverse groep beamptes en speurders moet lei. Maar daar is diegene wat aanvanklik huiwerig is om haar “kreatiewe” metodes van dienslewering en beskerming te ontplooi…

Amanda Warren (NCIS: New Orleans) vertolk die rol van Haywood, met onder andere Jimmy Smits, ’n veteraan van TV-polisiereekse soos NYPD Blue, Ruben Santiago-Hudson (Castle), Kevin Rankin (Breaking Bad) en Elizabeth Rodriguez (Orange is the New Black) ook in die rolverdeling. 

East New York het ’n punt van 88% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met Variety wat meen dié reeks “slaan ’n nuwe koers vir polisiedramas” op televisie in. 

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 20 Februarie, op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies