Menu terloops
In Recaps & Resensies [20 Jan 2022]

Dís waarom jy Mary Twala se swanesang móét kyk


‘This Is Not A Burial, It’s A Resurrection’ is ’n hipnotiserende verhaal oor die verlede – én voortuitgang. Jy kan dit nou op Showmax kyk.

Deur Stephen Aspeling

Kyk nou

Dís waarom jy Mary Twala se swanesang móét kyk
Kyk lokprent

Die Mosotho-drama, This is Not a Burial, It’s a Resurrection, met die wyle, en ikoniese aktrise Mary Twala in ’n boeiende hoofrol, is een van daai flieks wat in die “verpligtend-om-te-kyk”-kategorie val.

Die prent se skrywer-regisseur, Lemohang Jeremiah Mosese, is self-opgelei en dís sy natuurlike aanvoeling en kreatiewe vindingrykheid wat die storie vorentoe dryf.

Nie hy of die storie buig voor konvensionele maniere om stories te vertel nie – Mosese het sy eie pad gekerf en sy eie filmiese taal geskep om hierdie spookagtige verhaal oor die verlede – en vooruitgang – te skep. Die vertelling volg Mantoa (Twala), ’n 80-jarige weduwee, wat ’n nuwe sin van doelgerigtheid en passie vind as haar gemeenskap deur ’n damontwikkeling bedreig word. .

Die fliek is in wese ’n dekonstruksie van ’n begrafnis en ondersoek temas rondom erfenis, nalatenskap en godsdiens. Daar is ook ryk sosio-politieke ondertone wat tydige Afrika-narratiewe oor imperialisme en grondbesit met sorg verweef.

Twala, in haar finale vertoning voor haar dood, verleen selfs meer diepte, en is een van verskeie uitstekende rolverdelingkeuses. Terwyl sy in byna elke raam van haar swanesang pryk, word Twala ook ondersteun deur spelers soos Jerry Mofokeng en Makhaola Ndebele.

Mosese kweek ’n donker, ontnugterende atmosfeer en tesame met sy gebruik van klank, herinner dit aan die werk van die legendariese filmmaker David Lynch. In dié surrealistiese atmosfeer laat Mosese spookagtige tonele toe om soos skilderye te ontvou. This Is Not A Burial, It’s A Resurrection is pragtig verfilm, en die deurdagte komposisie en hipnotiserende beelde resoneer met die afgryse van Robert Eggers.

Die storievertelling is deurspek met poësie en kragtige kontraste, wat die dialoog toelaat om die anderwêreldse gevoel van Mosese se wêreld aan te vul, asook af ​​te dwing. Teen die agtergrond van Lesotho se natuurlike skoonheid verdiep This Is Not A Burial, It’s A Resurrection hom in die land se ryk kultuur en erfenis.

Die drama is uiteindelik gekies as Lesotho se eerste beste internasionale rolprent-voorlegging by die 93ste Oscar-toekennings.

Kyk nou dié reeds bekroonde fliek op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies