Menu terloops
In Gons [18 Jul 2025]

‘Diepe Waters’-span se harte sag vir vierpotige vriende


Die span van kykNET se telenovela ‘Diepe Waters’ het op Nelson Mandela-dag op Vrydag, 18 Julie hul harte en hande uitgesteek na die viervoetige inwoners van PAWS R US (SA).

Kyk 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’-span se harte sag vir vierpotige vriende

Met arms vol hondekos, komberse, lekkernye en ’n geldskenking het die Diepe Waters-span hul dag spandeer saam met die honde en toegewyde personeel van die Paws R Us-skuiling in Fourways. Dié dierewelsynsorganisasie bring sedert 2011 hoop vir geredde, oorgegewe en verlate honde in Gauteng.

Die besoek was nie net ’n daad van mededeelsaamheid nie, maar ook ’n oomblik van bewustelike teenwoordigheid – iets wat aktrise Marijke Coetser (René) só verwoord: “Tyd is iets wat ons nie kan beheer nie, maar dis ook een van die waardevolste skatte wat ons het. Om bewustelik te besluit hoe jy jou tyd spandeer, het ’n groot impak op jou geluk.”

Diepe Waters Marijke Coetser_Mandeladag
Marijke Coetser, wat die rol van René in Diepe Waters vertolk, het lekker hondedrukkies gekry. Foto: Verskaf

‘Deernis, geduld en hope liefde…’

Sandi Schultz (Zelda) het ook ’n sagte plek in haar hart vir diereskuilings. “Reddingsorganisasies doen sulke ondankbare maar ongelooflik belangrike werk met verlate diere. Dit is te danke aan ’n organisasie soos Paws R Us dat ek my hondeseun, Harley, in my lewe het – daarom ondersteun ek hulle met graagte.”

Sandi Schultz het vertel dat sy ook haar eie hond by ’n reddingsorganisasie gekry het. Foto: Verskaf

Ook Natasja Jacobs (Bianca) het beklemtoon hoe belangrik dit is om die stem van diere te wees. “It takes nothing away from a human to be kind to animals. Diere het nie ’n stem nie. Ons moet hul stem wees. Al wat hulle gee, is liefde, en hulle verdien dieselfde. Deernis, geduld en hope liefde maak die wêreld se verskil.”

Natasja Jacobs (Bianca in Diepe Waters) meen honde verdien die liefde wat hulle so onvoorwaardelik gee. Foto: Verskaf

Werner Coetser (Jacques) deel ook sy indrukke van die dag: “Ons raak so vasgevang in ons daaglikse roetines dat ons vergeet wat daar buite aangaan en dat daar werklik nood is. Soms moet ons net ’n oomblik vat en tyd en energie gee aan dié wat dit werklik nodig het.”

PAWS R US (SA), wat tans na sowat 85 honde omsien, is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat sonder enige staatsfondse funksioneer. Hulle is ten volle afhanklik van donasies en die ondersteuning van diereliefhebbers soos dié van Diepe Waters. “Ons is so dankbaar dat die Diepe Waters-span vandag tyd kom maak het vir ons honde. Dit is ’n ware getuienis van vriendelikheid-in-aksie en het ongelooflik baie beteken vir ons almal,” sê Charmain Studer, een van die direkteure van PAWS R US (SA).


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies