Menu terloops
In Sepies [27 Jun 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Julie 2024


Jacques is op ’n emosionele wipwarit en ’n hele paar harte trek swaar… Dít en nog meer is waarna ‘Diepe Waters’-kykers in Julie kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Kyk 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Julie 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 1 Julie      

Gys is desperaat om Charity terug in die swembad te kry. Jacques voel al hoe meer soos ’n derde wiel met Theresa en André. Henry probeer vrede met Tshepo maak.

Dinsdag, 2 Julie       

Jacques konfronteer moeilike gevoelens rakende sy vriendskap met Theresa. Arno reik na Karla uit. Charity se loopbaan staan voor ’n onmoontlike kruispad.

Woensdag 3 Julie       

Ben waarsku vir Sanet om uit Karla en Chris se vriendskap te bly. Jacques raak meer  desperaat soos André en Theresa nader aan mekaar beweeg. 

Donderdag, 4 Julie       

Karla maak dit duidelik aan Arno waar hulle met mekaar staan. Jacques maak ’n sprong met Theresa. Cloete maak seker Michelle is nie meer ’n probleem nie.

Maandag, 8 Julie   

Dit gons in Boskruin oor die skokkende gebeure in die parkie. Sanet besluit om Jacques en Theresa se verhouding aan te help. Nina ontvang goeie nuus.

Dinsdag, 9 Julie   

Karla is opgewonde oor haar eerste rehabilitasiesessie. Tommie en Henry bou die moed op om ’n moeilike gesprek met Lettie te voer.

Woensdag, 10 Julie    

André is woedend vir Jacques. Gys ontvang skokkende nuus oor Zelda en die Besigheidsraad. Karla wonder oor ’n toekoms met Chris.

Donderdag, 11 Julie       

Tshepo het ’n guns om Lettie te vra. Rose voel oorweldig deur die groot trek. Chris vermy vir Karla. Gys ontvang ’n belangrike telefoonoproep. 

Maandag, 15 Julie      

Pam probeer inkriminerende inligting oor Zelda kry. Chris en Karla se vriendskap skeur verder uitmekaar. Dolf en Engela is besig met iets onheilig.

Dinsdag, 16 Julie       

Jacques kry hulp van ’n onverwagte persoon. Karla vertel vir Sanet oor Chris. Daar is ’n moontlike geleentheid vir Gys.

Woensdag, 17 Julie         

Sanet en Ben verwelkom ’n nuwe gesig in die gemeenskap. Gys ontvang nuus, en Lettie se nuwe kelner weet net hoe om ekstra geld in te bring.

Donderdag, 18 Julie       

Jacques kry snuf in die neus oor Sandra se sorgfasiliteit. Chris maak ’n romantiese afspraak, en Sanet se nuwe vriendin maak ’n oorlas van haarself.

Maandag, 22 Julie       

Jacques kry ’n onaangename besoek van ’n maatskaplike werker. Leticia gee vir Ben baie aandag en Sanet hou nie daarvan nie. 

Dinsdag, 23 Julie      

Theresa en Jacques is op ’n desperate soektog om mevrou Olivier op te spoor. Leticia se vriendelike houding maak Sanet agterdogtig. 

Woensdag, 24 Julie           

Engela en Dolf maak planne om van die bedreiging wat Jacques vir hulle inhou ontslae  te raak. Brian verras vir Chris. Leticia maak ’n plan om meer tyd saam met Ben te spandeer.

Donderdag, 25 Julie         

Sanet praat met Ben oor Leticia. Chris wonder of nou die regte tyd is om die nuus aan Ben te breek. Jacques is keelvol van niks doen nie.

Maandag, 29 Julie           

Jacques neem ’n waaghalsige besluit, en Sanet raak ongemaklik oor Leticia se teenwoordigheid. Gaan Ben Chris se besluit aanvaar?

Dinsdag, 30 Julie                 

Sanet en Ben se verhouding is onder druk. Karla se hart word gebreek. Jacques is bekommerd oor Sandra se welstand.

Woensdag, 31 Julie         

Charity se Olimpiese-resies vind plaas. Sanet beraam ’n plan oor haar penarie met Leticia. Jacques word gerusgestel.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies