Menu terloops
In TV [14 Apr 2026]

‘Die oord’: 5 goed wat jy van dié raaiselreeks moet weet


Niks soos ’n bietjie moord en intrige om kykers voor die kassie vasgenael te hou nie – hier is wat jy van ‘Die oord’ moet weet.

Deur Redaksie
‘Die oord’: 5 goed wat jy van dié raaiselreeks moet weet
Kyk lokprent

Skuif reg vir kykNET se nuwe dramareeks, Die oord, wat jou tot aan die einde aan die raai gaan hou. Hier is vyf redes hoekom jy dit nie durf misloop nie. 

1

Bekende gesigte

Die oord, ’n misdaaddramareeks van tien episodes, het ’n sterbelaaide rolverdeling wat groot name soos Jana Kruger (Een keer om die son, Afgrond), Erica Wessels (Niggies, Donkerbos) en Melissa de Vries (Skemergrond, Arendsvlei) insluit. Ook deel van die span: Dawid Minnaar (Hartklop, Legacy), Jacques Bessenger (Dwaalster, Een keer om die son), Nicole Holm (Nêrens, Noord-Kaap 2, Donkerbos), Zane Meas (7de Laan, Reënboogrant), Antoinette Kellermann (Mooiweer en warm, Binnelanders), Laudo Liebenberg (Spoorloos, Spooksoeker), Liam Bosman (Een keer om die son, Diepe waters), Clayton Evertson (Juffrou X, Koek) en Amalia Uys (Die Byl, Tuiskoms). 

Die oord
Jana Kruger en Erica Wessels speel susters in Die oord. Foto’s: Verskaf
2

Idillies… behalwe vir die moord…

’n Vakansiedorp aan die kus. Families wat al vir geslagte by dieselfde karavaanpark uitspan. Kinders wat op die strand speel. Braaivleis onder die bome. Alles is idillies – tot daar ’n lyk op die strand uitspoel … Die reeks is in en om die Kaapse Skiereiland, van Kommetjie tot Melkbosstrand, asook in die noordelike voorstede van Kaapstad, verfilm.

3

Vroue neem voortou

Die oord
Jana Kruger as Martie Pretorius.

Twee vroue, Martie Pretorius (Jana Kruger) en Brandi Jacobs (Melissa de Vries), staan midde die drama. Brandi van die plaaslike polisie dink dit is die bendes van die Kaap wat hulle kloue in die klein gemeenskap begin inslaan, maar Martie het ’n ander teorie. Die wonde. Die plastieksak. Die Bybelvers. Sy het dit al gesien. Vyftien jaar gelede. ’n Reeksmoordenaar wat Prediker heet.

4

Bekroondes lei

Die span wat vir Die oord verantwoordelik is, is die bekroonde skrywer Christiaan Olwagen en Wolflight Films, onder leiding van Roelof Storm, wat ook die Safta-benoemde dramareeks Niggies op hulle kerfstok het. Eva du Preez is die regisseur.

5

Nuwe generasie

’n Groep jong spelers gaan beslis verder hulle merk met Die oord maak. Minke Marais (Reënboogrant, Wyfie) is te sien as Mia du Preez, Luandri Reynders (Binnelanders) is Marioli Groenewald, Angelo Johnson (Arendsvlei) is Joshua Groenewald en Heinrich Wentzel (Een keer om die son, Die nuusmakers) is Stefan Cilliers. Damian de Villiers (Wyfie, Trompoppies) en Christie van Niekerk is die sibbe JP en Jacomien Louw. 

Die oord
Christie van Niekerk as Jacomien in Die oord.

Die oord begin 14 April om 20: 00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ná uitsending ook op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies