Menu terloops

Bridgerton S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 25 Mar 2022]


In die tweede seisoen van die vurige trefferreeks ‘Bridgerton’, is dit oudste broer Anthony wat moet kys en kansel toe.

Bridgerton S1-2
Kyk lokprent

Maak jou maar gemaklik – as jy eers begin kyk, gaan jy wil klaar kyk. Bridgerton is nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop.

Romanse, skandale, en skinderbekke. Die periodedramareeks Bridgerton het immers al die regte bestanddele vir ’n TV-wenresep.

Die drama is gegrond op die Bridgerton-boeke van Julia Quinn en speel af in die Regency-tydperk (1811-1820). Dit volg die weduwee Lady Bridgerton en haar agt kinders soos hulle deur die lewe met skandale, swak besluite, en met die koningin wat hulle stip dophou, deur die lewe strompel. Of dans. Hang af of daar ’n high society paartie daai aand is.

Reeds met die eerste seisoen het TV-skepper Shonda Rhimes dit reggekry om kykers op te sweep met haar TV-weergawe van dié periode-drama. Dis egter alles behalwe Pride & Prejudice-preuts. Quinn se boeke, en so ook Rhimes se TV-vertelling, is ene seks op die trappe en vurige omhelsings.

Bridgerton het rekordkykertalle in sy debuutmaand op die platform gehad, en intussen moes ons ’n miljoene leeftye vir die tweede seisoen wag.

Soos met die eerste seisoen, is een van die Bridgertoon-kroos nou op pad kansel toe. Dié keer is dit een van die broers wat moet kys. Maar Anthony besef sy voorgenome bruid is toe nie sy perfekte pasmaat nie…eerder haar koppige ouer suster. Hoe nou gemaak?

Die reeks is reeds vir ’n derde en vierde seisoen hernu – daar is immers nog ’n hele lot Bridgertons wat afgetrou moet word.

Onder die rolverdeling tel Jonathan Bailey, Phoebe Dynevor, Claudia Jessie, Luke Newton, Luke Thompson, Florence Hunt, Will Tilston en Ruth Gemmell.

Vanaf 25 Maart op Netflix.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies